Is die Bybel ons enigste belydenisskrif?

image_pdfimage_print

 

He is no fool who gives up what he cannot keep to gain what he cannor lose – Jim Elliot

 

Is die Bybel ons enigste belydenisskrif?

Daar is geen ander belydenisskrif as die Bybel nie. Dit is ‘n stelling wat ons algemeen hoor. Carl Trueman in sy boek The Creedal Imperative, sê dat hierdie stelling nie akkuraat  is nie, maar ook nie wys nie. Tog is mense vandag toenemend suspisieus oor belydenisse. Baie mense verwerp belydenisskrifte al het hulle nog nooit Die Apostoliese Geloofsbelydenis of die Belydenis van Nicea gelees nie.

 

 

Daar is baie redes wat mense aanvaar vir hulle verwerpng van die belydenisskrifte: dit is iets uit die verre verlede; dit sluit mense uit; hulle wil nie die gesag van die Bybel ondermyn nie … Dit bring ons by die belangrike vraag: Is belydenisskrifte van enige waarde? Trueman noem nou ‘n aantal redes waarom hy dink dat geloofsbelydenisse waardevol is en beslis deur die kerk gebruik moet word.

  • Alle kerke het belydenisskrifte. Om dit te ontken is nie eerlik nie.
  • Belydenisskrifte beperk die mag van die kerk. Die kerk kan nie sommer net antwoorde uitdink nie – die kerk is verantwoordelik aan iets hoër.
  • Belydenisskrifte is kort kragtige opsommings van die sentrale elemente van ons geloof.
  • Belydenisskrifte weerspieël die gesag van die kerk. Dit is vir baie mense onaanvaarbaar, want die moderne kultuur verwerp alle vorme van gesag.
  • Belydenisskrifte  wys na wat die gemeente geestelik van sy lidmate verwag.
  • Belydenisskrifte herinner ons dat ons deel van ‘n lang geskiedenis is – ons is deel van ‘n lang Storie.
  • Belydenisskrifte help ons om een gemeente teenoor ‘n ander een te definieer.
  • Belydenisskrifte is noodsaaklik om die eenheid van die gemeente te behou.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...