Is die Bybel voldoende en noodsaaklik? (3)

When God wants people to suffer, he sends them too much understanding.” ~ Joodse spreekwoord 

Is die Bybel voldoende en noodsaaklik? (3)

Ons het gesien dat in die laat Middeleeue daar ‘n neiging was om die voldoendenheid en noodsaaklikheid van die Skrif te bevraagteken. Luther glo dat die Skrif voldoende is en dat al die besluite geneem, byvoorbeeld by Nicea, die Skrif ondersteun, maar nie vervang nie. Hy verwerp egter die siening dat die pous die alleenreg het om die woord te interpreteer en dat sy besluite bindend was. A Simple layman armed with Scripture is to be believed above a pope or a council without it. Die Skrif staan bo die kerk en die wêreld.

 

Oor die aflaatstelsel sê Luther: Unless I am convicted by Scripture and plain reason – I do not accepte the authority of popes and concils for they have contradicted each other –  my conscience is captive to the Word of God. Luther glo dat God ons ekstern hanteer deur sy woord en deur die sakramente. Intern hanteer Hy ons deur due Heilige Gees, geloof en ons geestelike gawes. Hy glo egter dat ons interne ondervinding volg op ons eksterne ondervinding.

Calvyn verwerp die gebruik van Johannes 16:12 as motivering vir die gebruik van tradisie. Om sy standpunt te steun, verwys hy na Johannes 16:13: Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Calvyn sê dat wat die kerk glo en beoefen, kan hy net in die Bybel kry. Vir hierdie siening beroep hy hom op Psalm 9:8 – 9: Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is … Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

William Whitaker: If Christ defended himself against Satan with the Scriptures, how much more are the Scriptures needed by us against the same enemy.

 Tydens en na die Hervorming loop die pad van die Hervorming en die Rooms-Katolieke Kerk uitmekaar. Die Hervormers aanvaar dat die Skrif alleen voldoende en noodsaaklik is, terwyl die Rooms-Katolieke Kerk ook die belang van tradisie beklemtoon. Die Hervormers beroep hulle op Deuteronomium 29:29: Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag. Maar waar staan ons vandag? Daarna kyk ons volgende keer/