Is dit sonde om medisyne te neem?

image_pdfimage_print

Salvation is not verified by a past act, but by present fruitfulness. —John MacArthur

 

Is dit sonde om medisyne te neem?

As jy aan ‘n geestesongesteldheid ly, is dit sonde om medisyne daarvoor te gebruik? Sal die medisyne nie dalk my toestand vererger nie? Sal ek nie aan die medisyne verslaaf raak nie? Moet ek as Christen nie in staat wees om dit te hanteer nie? Is dit nie ‘n teken dat my geloof gebrekkig is nie?

 

 

Hierdie is ‘n baie gevaarlike siening. Natuurlik moet ‘n mens nie sonder goeie rede medisyne neem nie. Natuurlik word vals aansprake soms oor die waarde van medisyne gemaak. Natuurlik kan medisyne newe-effekte hê. Natuurlik kan die medisyne ondoeltreffend wees.

 

Maar wat van die Christene wat sê dat God nie wil hê dat ons medisyne moet drink nie? Snaaks, maar hulle sê dit nie van ‘n diabeet wat insulien moet kry nie. Is dit omdat ons fisiese siektes soos diabetes verstaan, maar nie geestesongesteldhede nie?

 

Storie: ‘n man is besig om in die see te verdrink. Hy vra God om te help. Daar om ‘n boot, maar hy wys vir die boot om verder te gaan, want hy wag vir God om hom te help. ‘n Tweede boot kom. Dieselfde storie. Toe kom daar ‘n helikopter, maar steeds in die man nie bereid om hulp te aanvaar nie. Hy verdrink en hy vra vir God waarom Hy toegelaat het dat hy verdrink. God se antwoord: ‘Ek het twee bote en ‘n helikopter gestuur om jou te red.”

 

Wat sê hierdie storie vir ons? Ek kan God vertrou, maar ook die mediese wetenskap, want God werk meestal deur mense. Medisyne word in die Bybel vermeld. Ons sien die Goeie Samaritaan behandel die beseerde man se wonde met olie en wyn (Lukas 10:34). Op verskeie plekke lees ons van die balsem van Gilead  vir die hantering van wonde (Jeremia 8:22; 46:11; 51:8).

 

‘n Geestesongesteldheid verskil nie van ‘n fisiese ongesteldheid nie. Enige deel van ons liggaam kan siek word en as dit moontlik is moet ons dit behandel. Hoekom wil ons geestesongesteldhede nou uitsluit?

 

image_pdfimage_print

You may also like...