Is jou gemeente ‘n vliegdekskip?

image_pdfimage_print

 

To pray is to accept that we are, and always will be, wholly dependent on God for everything. —Tim Keller

 

Is jou gemeente ‘n vliegdekskip?

Baie mense is verveeld in die kerk. Dit voel vir hulle dat hulle iets behoort te doen; dat daar ‘n betekenisvolle sending is waarvan hulle veronderstel is om deel te wees. Hulle is nie seker wat dit is nie en daarom sit hulle maar in die kerk, luister, gee hulle bydraes, gedra hulle so goed as wat hulle kan … Baie van hulle kan nie onthou wanneer laas ‘n volwasse bekeerling na Jesus in die gemeente gekom het nie. Hulle was beslis nie deel van iemand se persoonlike storie nie.

 

Meeste studies toon dat meeste Christene nog nooit hulle geloof met iemand anders gedeel het nie – behalwe miskien hulle familie. In die VSA groei net 20% van gemeentes en net 1% groei omdat hulle “verlore” mense bereik.

 

Hierdie twee probleme – Christene wat nie weet hoe om hulle geloof met ander te deel nie en gemeentes wat krimp – hou verband met mekaar. Tog dink gemeentes nie dat dissipels wat ander dissipels maak ‘n prioriteit vir die gemeente behoort te wees nie.

 

Ons moet weer nuut dink oor die sending van die kerk. J. D Greear vergelyk dit met drie soorte skepe:

  • Sommige Christene sien die kerk soos ‘n passasiersboot. Dit bied weelde vir die passasiers – die hele gesin. Dit gaan veral oor vermaak en die bediening van kinders. Preek die leraar boodskappe wat hedendaagse probleme en my behoeftes hanteer? Hoe lyk die fasiliteite vir kinders? Wat van die musiek? Die gemeente moet altyd onthou daar is nog baie ander passasiersbote beskikbaar.
  • Sommige Christene sien die gemeente soos ‘n oorlogskip. Die gemeente is gemaak vir sy sending. Sy sukses word beoordeel deur hoe hard en dramaties hy vir die sending veg. Die rol van die lidmate is om die leraars te betaal om die teikens te identifiseer en op hulle te vuur. Hulle sien die programme, dienste en bedienings as die primêre instrumente vir die sending van die gemeente.
  • Sommige Christene sien die gemeente soos ‘n vliegdekskip. Vliegdekskepe neem ook deel aan gevegte, maar op ‘n ander manier. Hulle rus vliegtuie toe om elders te gaan veg. Die vliegtuie moet die geveg na die vyand neem. Lidmate moet leer om die evangelie te deel – sonder die hulp van die leraar. Gemeentes moet fabrieke vir dissipels word wat dissipels toerus en dan uitstuur om teen die vyand te gaan veg.

 

As ons dit wil doen, moet ons ‘n ander meetinstrument behalwe grootte kry. Ons moenie net tel hoeveel mense inkom nie, maar ook hoeveel mense uitgaan. Ons moet opgewonde wees oor hoeveel mense uitgaan.

 

 

image_pdfimage_print