Jamerte teenoor bekering

image_pdfimage_print

Jamerte teenoor bekering

TOE DIE Israeliete tot God roep om hulp stuur Hy vir hulle ‘n profeet (Rigters 6:7) God herinner die Israeliete aan twee dinge: wat Hy gedoen het en wat Israel gedoen het. Maar julle het nie na My geluister nie (6:10). God stuur ‘n profeet om hulle van hulle sonde te oortuig voor Hy ‘n rigter stuur om hulle te red van die onderdrukking. Hoekom? Die mense is jammer, maar hulle bekeer hulle nie. Die Bybel onderskei tussen die twee: Want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. (2 Korintiërs 7:10). Beide word deur droefheid en nood gekenmerk. Maar hulle verskil.

  • Wêreldse droefheid bring geen ware verandering nie terwyl bekering dit wel doen. Hoekom? Droefheid is hartseer oor die gevolge van die sonde, maar nie oor die sonde self nie. As daar geen gevolge was nie, sou daar geen hartseer gewees het nie. Daar is geen droefheid oor die sonde self nie – van wat dit is en hoe dit God bedroef nie en hoe dit ons verhouding met Hom skade aandoen nie. Die fokus is alles wêrelds. Dit is nie droefheid oor die sonde wat ons verhouding met God beïnvloed nie. Sodra die gevolge verdwyn keer die gedrag terug
  • Wêreldse droefheid bly jammer, terwyl bekering alle jammerte oor die verlede verwyder. Ware bekering fokus op die ware en permanente gevolg van sonde – die verlies aan die Here. Bekering laat ons  verby dinge wat gebeur het beweeg. As ons besef dat God ons vergewe het en dat ons Hom nie verloor het nie besef ons die wêreldse resultate is klein in vergelyking.
  • Na ware bekering en ons versoening met God haat ons nie onsself en ons lewens nie. As iemand ontroosbaar is, beteken dit dat hy iets anders as God sy god en verlosser gemaak het. Dit is ‘n afgod.

Jammerte gaan oor ons – hoe ek seergekry het; hoe my lewe verwoes is; hoe my hart gebreek is. Bekering gaan alles oor God: hoe Hy seergekry het; hoe ons sy herhaalde verlossingsoptrede afmaak. God stuur sy profeet na Israel om hulle verby jammerte na bekering te beweeg.

Wat kan ons hieruit leer. Belangrik: waaroor is ons jammer? Die sonde of die gevolge van sonde; die verlies van dit wat ‘n afgod bied of die skade aan ons verhouding met God?

Hier is twee ander implikasies:

  1. Ons moet na God se woord luister. Die mense roep uit vir ‘’n dramatiese wonderwerk en God stuur vir hulle ‘n profeet met ‘’n preek. Ons moet die Bybel bestudeer daar leer ons wie ons is – dit is hoe God geestelike vernuwing in ons droefheid en lewens bring.
  2. Ons moet onderskei tussen die normale terugvalle op die pad na toenemende Christelike volwassenheid en waar jy vashaak – ‘n gereëlde patroon van terugvalle en geen vordering nie. As jy gereeld in dieselfde geestelike put val en die terugvalle verminder nie, reageer jy met droefheid en jammerte. Jy is nie bereid om die afgod in jou lewe te identifiseer en te verwerp nie- die sonde is nog te aantreklik vir jou. Die probleem hier is dat ons dikwels sukkel om die regte perspektief op ons harte te kry. Daarom het ons verskeie sterk Christene nodig wat vir ons kan help en vertel wat die verskil is.

 

image_pdfimage_print