Jesus die weg na God toe (14:1-6)

Jesus die weg na God toe (14:1-6) – Francois Malan

14:5 Oor waarheen Jesus gaan is die dissipels onseker (13:33,36). Tomas verwoord hulle onkunde oor die plek en die weg daarheen. Dit openbaar hulle onkunde oor die huis van die Vader (14:1-2). Hulle dink nog aan ‘n aardse woning, en ‘n aardse koninkryk.

weg na die Vader. Hy is die weg na die Vader en die Vader se woning deur sy gehoorsame offer van Homself in die dood, en deur sy opstanding, as die goddelike Middelaar tussen God en mens, deur wie ons elke dag tot die troon van God kan gaan, en begin lewe soos Jesus (Hebr 10:19-24). Hy is die waarheid, die openbaring van God aan die mens, die openbaringsmiddelaar. Sy woorde oor die liefde van God vir die wêreld, en oor ons verlossing van sonde deur Hom, is volstrek betroubaar. Naas Hom is daar geen ander waarheid waardeur ‘n mens gered word nie. Hy is die lewe in die skepping en in die herskepping (1:4,12-13; 5:26), die Middelaar van verlossing tot ‘n lewe in God. Hy oorwin die dood. Hy is die opstanding en die lewe vir elkeen wat in Hom glo (11:25), die bron van die lewe en die sin van die lewe. Vir die Samaritaanse vrou is Hy die weg na God toe (4:23-26), vir Nikodemus is Hy die waarheid (3:11-16), vir Lasarus is Hy die lewe (11:25-27,43-44).

 

Prof Francois Malan