Jesus reinig die tempel

Jesus reinig die tempel

Jesus se reiniging van die tempel (Johannes 2:13 – 22) kan as kontroversieel beskou word. Jesus reis van Galilea na Jerusalem vir die paasfees – die belangrikste fees op die Joodse kalender. Dit roep die uittog van die Jode in herinnering op. As dit fisies enigsins moontlik was, het alle Jode na Jerusalem gereis vir die fees.

 

Toe Jesus in Jerusalem aankom, sien Hy dinge in die tempel waarmee Hy glad nie saamstem nie. Op die tempelplein was daar mense wat beeste, skape en duiwe verkoop het as ook geldwisselaars. Die verkopers van beeste, skape en duiwe het voorsien in die mense se behoeftes vir offers. Die geldwisselaars het onrein of vreemde muntstukke vir rein Joodse muntstukke verruil – muntstukke wat in die tempel gebruik kon word. Ons kan sê dat hulle noodsaaklike dienste verrig het, maar Jesus sien ‘n probleem met wat daar aan die gang is.

Johannes sê dat Jesus met toutjies ‘n sweep gemaak het en almal uit die tempel uitgejaag het. Hy keer selfs die tafels van die geldwisselaars om. Hoekom sou Jesus wat gewoonlik sagmoedig is so optree? In die gedeelte kry ons twee redes vir Jesus se optrede:

  • Dit gaan hier oor die doel van die tempel en ware aanbidding van God. Die tempel was veronderstel om ‘n plek te wees waar God aanbid moes word. Mense het egter die tempel nie as plek van ware aanbidding gesien nie, maar as ‘n geleentheid vir ekonomiese wins. Die aanbidding het sy fokus op God verloor. Aanbidding is met besigheid vervang.
  • Hierdie is ‘n aanhaling van Psalm 69:10. Dit is waaraan die dissipels dink toe hulle sien hoe Jesus optree.

Ons moet onthou dat die tempel sy uiteindelike vervulling in Jesus en die kerk kry. In vs 21 lees ons: Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. Die vraag: Gebruik ons nie nog steeds vir Jesus en sy kerk as ‘n geleentheid om “geld/wins” te maak nie? As ons na Jesus en die kerk kom primêr vir selfsugtige voordeel en nie primêr om God te aanbid nie, maak ons misbruik van die huis van die Vader.