Jesus se woord bring skeiding (6:60-66)

Jesus se woord bring skeiding (6:60-66) – Francois Malan

Die breër groep volgelinge begin ook twyfel oor Jesus se verduideliking wat die dood van die Messias behels. Dit is so anders as hulle verwagting van die Messias, wat hulle gister met geweld wou koning maak, ‘n politieke leier wat hulle van Rome sou bevry (v15). Sy woord, dat ‘n gekruisigde Christus (Messias) die bron van lewe sou wees, is vir hulle hard/veeleisend – dit vereis selfverloëning. Eintlik is dit nie die woord wat so hard is nie, maar hulle harte, wat nie kans sien om hulle lewe in geloof aan ‘n gekruisigde Messias se gebroke liggaam en bloed te verbind nie.

 

 

 

Die beeld om Jesus se liggaam te eet, het die mense afgeskrik. Dit is egter sy woorde wat ewige lewe gee (6:68). Wie luister na wat Jesus sê, en in die Vader glo wat vir Jesus gestuur het, het die ewige lewe (5:24). Maar wie vaskyk teen die sterwende liggaam van Jesus aan die kruis, sal nie begryp dat Hy God is, wat, as die Lam van God, die sonde van die wêreld wegneem nie (1:29). Wie egter Jesus se woorde aanneem, word deur die Gees lewend gemaak.

 

oorgelewer om gekruisig te word.

 

Dat daar mense is wat nie tot geloof in Jesus kom nie, is nie vir Hom ‘n verrassing nie. Die normale toedrag is dat mense voortgaan om in sonde en ongeloof te leef. Die wonder is dat God aan ‘n sondige mens die genade skenk om te kan glo. Die Vader bring dié begenadigde mens in beweging om na Jesus toe te kom, as dié mens, deur die oortuiging deur die Heilige Gees, besluit om die woord van God aan te neem, en in Jesus te glo as God wat vir my sonde sterf.

 

 

Skrywer: Prof Francois Malan