Jesus sit sy werk uit die hemel voort deur die Heilige Gees in ons (14:12-19)

Jesus sit sy werk uit die hemel voort deur die Heilige Gees in ons (14:12-19) – Francois Malan

14:14 Vers 12 se belofte word herhaal met die byvoeging dat die gebed ook tot Jesus gerig kan word. Of die gebed tot Jesus of tot die Vader gerig word, dit word in elk geval gedoen in Jesus se Naam. Omdat Hy die Middelaar tussen ons en die Vader is, wat die verhouding tussen ons en die Vader reggestel het deur sy offerdood vir ons sonde en sy opstanding as oorwinning oor die sonde en die dood, belowe Hy om te doen wat ons vra op grond van ons gemeenskap met Hom – Hy in ons en ons in Hom. ‘In sy Naam’ verwys na die volheid van sy wese en sy werk, ‘n gebed op grond van wie Jesus is en van sy liefdesoffer vir ons. Dit beteken om te bid volgens sy wil (1 Joh 5:14) en volgens sy opdrag (Joh. 5:30) vir die voortsetting van sy werk op aarde, tot verheerliking van God.

sien Hom nie, soos hulle Jesus nie as die beliggaming van God se openbaring gesien het nie, en hulle ken Hom nie, soos hulle Jesus nie geken het nie en so kennis van God misloop. Daarteenoor sal die volgelinge van Jesus die Helper ken, want Hy bly by hulle en sal in hulle wees, met die waarheid oor God wat in Jesus geopenbaar is. So sal Jesus sy werk voortsit deur sy volgelinge.

 

Prof Francois Malan