Jesus weet van die verraaier (13:18-24)

Jesus weet van die verraaier (13:18-24) – Francois Malan

met my brood eet’ ), m.a.w. ‘n intieme metgesel, wat sy hakskeen teen sy Leermeester/Eienaar/ Sender opgelig het  (1983-vertaling: in die rug gesteek het) – aan sy vyande oorgegee het.

Om saam met iemand brood en sout te eet word in die Oosterse kultuur beskou as ‘n band wat mense aan mekaar verbind tot ‘n verbond om mekaar te ondersteun. Om die verbond te verraai dui op die diepste verdorwenheid. In Israel openbaar die ‘oplig van jou hakskeen teen iemand’ jou veragting, troueloosheid en verbittering teen die persoon – soos ‘n dier wat sy weldoener wat hom kos gee, onverwags en gemeen skop. Dit sou kon beteken dat Judas sy hele tyd saam met Jesus sy Meester se optrede en lering geminag het. Ook hierdie ontroue dissipel was deur Jesus gekies as sy volgeling en helper. Jesus het van die begin af geweet wie en wat Judas is. Dit is deel van sy lyding, ‘n werktuig van die duiwel wat Hy in sy intieme kring opgeneem het (6:70) as vervulling van Ps 41:10.

13:19 Jesus het dit alles geweet, en voorspel wat nou gaan gebeur, sodat sy dissipels oortuig kan wees Jesus is ‘Ek is’ – dat Jesus God is, wat sy Naam aan Moses geopenbaar het (Eks 3:14), die God wat sy volk verlos. Die verraad van Judas is nie die finale woord nie. Dit is deel van God se reddingsplan vir sy volk. Daarom moet die dissipels nie begin twyfel nie, maar getrou bly aan hulle Leermeester/Eienaar/Sender.

Petrus beduie vir Johannes om vir Jesus te vra wie sy verraaier is. Johannes leuen oor teen die bors van Jesus en vra wie dit is.

 

Skrywer: Prof Francois Malan