JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (3)

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (3) – Jan van der Watt

deel 2 – Wat is die betekenis van die kruis volgens Paulus en Johannes?

Die kruis, wat eintlik in daardie tyd ‘n skande was, het die sentrum van die boodskap van die Christene geword. Dit was die plek waar die verlossing werklikheid geword het. Wat beteken die kruis volgens die Nuwe Testament vir ons?

 

a) Hoe het Paulus die kruis gesien?

  • Lees nou ook 1 Kor 1:18-25 oor hoe die ander mense die kruis en boodskap van Jesus gesien het. In Fil 2:8 word die kruis dan ook ‘n vernedering in die uiterste graad genoem. Sien ook Gal 5:11. In Gal 6:12 noem Paulus dat die kruis nie ‘n gerieflike boodskap was nie, maar dat dit vervolging veroorsaak het. Nogtans het die Christene nooit daaroor die boodskap verander of laat vaar nie. Ons moet ook onthou dat die opstanding nooit deur Paulus los van die kruis gesien word nie. In 1 Kor 2:2 sê Paulus dat sy enigste boodskap die kruisboodskap is, maar in 1 Kor 15:16-18, as hy sy brief afsluit, sê hy dat sonder die opstanding alles tevergeefs is – die kruis en opstanding gaan saam.

    • : Vanweë dit wat aan die kruis gebeur het, is Paulus vir die wêreld dood en die wêreld is vir hom dood (hier gaan dit oor sy status wat nie meer deur die wêreldse dinge bepaal word nie). Nee, Hy is nou ‘n nuwe mens in die wêreld van God (Lees Gal 6:14-16). Lees ook 2 Kor 5:16-19 om Galasiërs beter te verstaan.

     

    • Ef 2:13-18 beskryf hoe God die grense tussen nie-Jode en Jode afgebreek het. (Die skeiding tussen Jode en nie-Jode was nogal skerp in daardie tyd. Die Jode het gevoel dat as iemand ‘n kind van God wil word, moet hy of sy ‘n Jood word. Paulus sê nee. Met die kruis het Jesus dinge kom verander. Daar is nou ‘n nuwe familie waarin almal welkom is). Jesus het deur sy kruis dit reggekry dat almal vriende en kinders van God kan wees. Beskryf in jou eie woorde hoe jy Ef 2:13-18 sien. Lees nou Kol 1:20 en sê hoe jy dink hierdie vers by Efesiërs se boodskap aansluit.

  •  Skrywer: Prof Jan van der Watt