JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (5)

image_pdfimage_print

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (5) – Jan van der Watt

deel 3 – Wat is die betekenis van die kruis volgens die ander boeke van die Nuwe Testament (Paulus en Johannes uitgesluit)?

† Die Evangelies sê nie so graag ons moet glo nie, maar verduidelik dit graag – hy sê ons moet Jesus navolg. As voorbeeld van wat dit beteken gebruik hy dit kruis.

Lees die volgende twee verse en dink na oor wat dit presies in ons praktiese alledaagse lewe beteken…………………………………….

…………………………………………………………………………………………………………………………………….

 

Mat 10:38: Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.

Mat 16:24: Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg…”    (Sien ook Mk 8:34; Luk 9:23; 14:27)

 

Ons moet onthou dat Jesus dit sê terwyl die skaduwee van sy eie kruis oor hulle val – die kruis beteken lyding tot by die punt waar jy jou lewe sal gee, geloof in die Vader, staan by wat jy glo al beteken dit wat, die vat van belediging, vergifnis van ander… al die dinge wat Jesus self op sy pad na die kruis gedoen het. (As jy tyd het, gaan die pad wat Jesus na die kruis geloop het na en sê dan watter voorbeeld(e) het Hy vir ons gestel as dit by die dra van ons kruis kom).

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 

image_pdfimage_print

You may also like...