Jy het minder manne nodig

image_pdfimage_print

Jy het minder manne nodig

Die twee leërmagte – Gideon se manne en die Midianiete wat Israel sewe jaar lank onderdruk het – se kampe lê naby aan mekaar. Die geveg is naby en daar word aanvaar dat Israel elke moontlike man nodig sal hê as hulle die vyand wil verslaan. Maar God wil hê dat Gideon minder manne moet hê en nie meer nie: ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie (7:2). Hoekom wil God die mag verminder? Israel sal teenoor my spog en sê: ‘Ek het myself gered.’ Gideon sal of die eer vir die Here gee of dit vir homself toe-eien. Die menslike natuur is so dat as daar die geringste geleentheid is om in sy eie werk te spog, hy dit is voldoende sal sien. Let op die Here sê dat hulle teenoor My sal spog. Sodra ons dink ons verdien die krediet vir ons eie verlossing, neem ons die heerlikheid van God, wat dit verdien, weg. Ons stel onsself aan as alternatiewe verlossers. Die les wat ons nooit mag vergeet nie, is dat verlossing slegs deur God se genadige optrede is – ons verdien dit nie met ons optrede nie. God kan ‘’n oorwinning bewerkstellig deur een man (soos Simson) of deur duisende (soos Debora en Barak). God verminder die manne want Hy weet hulle is te vee is om te sien wie geloof en geprys moet word as hulle die oorwinning behaal.

Daarom sê die Here dat die getalle verminder moet word. Al die manskappe wat bewe en bang is, moet teruggaan 22000 uit die 33 000 draai terug diegene wat bereid was om hulle vrees vir die oorlog in die openbaar te erken sal die eerste wees wat terugval as die oorlog begin.

Die rede om hulle terug te stuur was goed. Vrees is aansteeklik as ‘’n groep paniekerig raak en vlug word die vasberadenheid van die ander getap Hierdie besluit was vir die moraal van die leër.

Die tweede groep word huis toe gestuur vir onseker redes. Na die 22 000 weg is sê die Here dat hulle nog te veel is. Die Here sê vir Gideon: Daar is nog te veel. Vat hulle afwater toe en daar sal Ek hulle vir jou sif. 10 700  kniel om te drink en 300  skep die water met die hand op. DIt is hierdie 300 wat oorbly – die res word almal huis toe gestuur. Die Here sê: Ek sal julle red met die 300 man wat die water opgeskep het. Ek sal vir Midian in jou mag oorgee. Gideon openbaar groot geloof hier. Hy vertrou vir God en nie die getalle nie. Dit is die geloof waarvoor hy in Hebreërs 11:32 – 34 aangeprys word. Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, SImson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag.

Hoekom het die Here juis hierdie toets aangelê. Mense sê die 300 was wakkerder en waaksaam. Hulle hou vas aan hulle wapens en bly op hulle voete terwyl die ander gedrink het op ‘’n manier wat dit onmoontlik gemaak het dat hulle hulleself kon verdedig.

Beide verminderings is gedoen sodat Israel nie teenoor die Here in hulle eie krag sou spog nie. Gideon moes terugkyk en dink: “Hierdie oorwinning was God s’’n, nie myne nie my aandeel was om Hom te vertrou en te gehoorsaam Die heerlikheid is syne.” Ook die 300 man sou sê: ‘Dit was onmoontlik vir ons om te wen. Ons was te min. Dit is God se oorwinning die heerlikheid is syne. Ons was bevoorreg om deel te wees van wat Hy gedoen het.” Die res van Israel kon dink: “Ek was nie ers daar nie, God het my verlos sonder dat ek iets gedoen het. Prys die Here!”

Hier sien ons weer die beginsel wat ons herhaaldelik in Rigters en die res van die Bybel kry. God verlos nie op maniere wat ons verwag nie of deur krag nie. Meeste van die Rigters lyk nie na groot leiers nie en die oorwinnings val buite die wêreld se logika. Gideon is ‘’n man uit ‘’n swak familie en ‘’n swak stam en hy kom voor die magtige Midianiete met net 300 man te staan – en oorwin hulle.

 

 

image_pdfimage_print