Kommunikasievaardighede: Luister

image_pdfimage_print

The writer should aspire to use the right word, not its second cousin – Mark Twain.

 

Kommunikasievaardighede: Luister

Iemand wat antwoord voordat hy luister, praat die grootste onsin. Niemand wil hom meer enige raad vra nie (Spreuke 18:13 – Die Boodskap)

In sy beroemde gebed vra Franciskus van Assisi vir God om hom te help: Seek first tot understand, then to be understood. Hierdie beginsel is die sleutel tot doeltreffende interpersoonlike kommunikasie.

Sy gebed stem basies ooreen met Spreuke 18:13. Vroeër in dieselfde hoofstuk van Spreuke lees ons: Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak (18:2).

 As ‘n leier nie kan kommunikeer nie, kan hy nie doeltreffend lei nie. Ons spandeer baie tyd en geld aan die ontwikkeling van allerhande vaardighede: beplanning, openbare redevoering, ens. Maar wat van luister? As jy ‘n goeie leier wil wees, moet jy jou luistervaardighede verbeter. Jy moet praktyke soos die behoud van oogkontak en die oorvertel van wat jy gehoor het om seker te maak dat jy reg gehoor het, oefen.

 Ons moet ook leer hoe om ons  goed uit te druk: Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê (Spreuke 12:18). Wyse mense dink voor hulle praat. In die proses gebruik hulle woorde wat opbou en nie afbreek nie: ‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende antwoord laat woede ontvlam (Spreuke 15:1). Jou vermoë om te kommunikeer kan vertroue of wantroue tot gevolg hê – vertroue of vrees. Dit bepaal hoe mense na jou luister.

 Kommunikasievaardighede is belangrik. Dit verwys nie net na praat en luister nie, maar ook na verstaan. Luister wat sê God vir Jesaja: Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie (6:9).

 Luister; luister weer; verstaan wat gesê is; dan kan jy praat.

 

image_pdfimage_print

You may also like...