Laat sy liefde jou lei: Ook jý is sy ribbok-kind!

Laat sy liefde jou lei: Ook jý is sy ribbok-kind! – Milanie Vosloo

”Vriendin, ek is moedeloos! Dit gaan so moeilik met my en ek voel so ver van God. Het Hy my vergeet?”, lees die desperate sms op my foon.

In sulke tye kan ons gerus weer die boek Habakuk lees en hoor hoe moedeloos gesmeek hierdie man van God was. Hy wou so graag hê dat die Here sy volk van die Babiloniёrs moes red. Dit het immers gelyk asof die vyand met moord wegkom terwyl God blind is daarvoor. Dis dan wanneer die Here hom met groot deernis antwoord en sê: Wag geduldig al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie. (Habakuk 2:3) Alhoewel die Here nie dadelik hul swaarkry wegneem nie, het Habakuk geweet dat God op sy bestemde tyd wel die volk sal bevry. Hy het sonder twyfel gewéét dat God nooit sy kinders in slegte tye los nie of sal toelaat dat die bose met hulle weghardloop nie.

Onthou vandag: Ook jý is sy ribbokkind! Daarom sal Hy, wanneer jy oor moeilike terrein beweeg, jou veilig laat loop.

Here, hou my vandag styf vas asseblief.

 

 

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning. Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za 

 

milanie_boeke_advertensie

 

 Skrywer: Milanie Vosloo