Laat u Naam geheilig word

 

The purpose of life is not to be happy, nor to achieve pleasure nor avoid pain, but to do the will of God, come what may.” Martin Luther King, Jr

 

Laat u Naam geheilig word

Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word (Matteus 6:9).

Baie bekende woorde. Word baie algemeen gebid. Tog word dit dikwels nie waardeer nie en nie reg verstaan nie. Waarvoor bid ons hier? Hoekom het Jesus dit so belangrik geag dat dit die eerste sin van die gebed is?

 

Hoe kan ons dit duideliker verstaan? Deur drie stappe/vrae:

  • Vra die vraag: Is dit ‘n stelling of is dit ‘n versoek? Meeste van ons glo dit is ‘n stelling van aanbidding en lof – iets soos U is heilig en waardig. Maar hierdie vers sê nie dat God se Naam heilig is nie. Nee, laat u Naam geheilig word. Dit is ‘n versoek; ons vra God om iets te doen.
  • Wat beteken geheilig word? Is dit om iets as heilig te eer? Is dit om iets af te sonder en die uniekheid daarvan te erken? As ons iets heilig, eer ons dit as iets ongewoon en spesiaal.
  • Wat vra ons moet geheilig word? God se Naam. God se Naam is net ‘n ander manier in die Skrif om na Homself te verwys. God se Naam verteenwoordig wie Hy is.

 

Die ontheiliging van Godse Naam was ‘n groot probleem in die Ou Testament. In reaksie op hulle voortdurende opstandigheid stuur God hulle in ballingskap. En toe hulle daar by die ander nasies kom, het hulle my heilige Naam oneer aangedoen (Esegiël 36:20). En: Ek is begaan oor my heilige Naam wat oneer aangedoen word deur Israel … Dit is nie ter wille van julle dat Ek optree nie, Israel, maar ter wille van my heilige Naam (vers 21, 22). Hoe gaan hy dit doen? Deur ‘n nuwe verbond; deur sy mense. Dit sal Hy doen deur sondes te vergewe, hulle klipharte met ‘n hart van vleis te vervang, en sy Gees aan hulle te gee (vers 25 – 28). Jesus het gekom om hierdie seëninge te bring. As gevolg van sy lewe, dood en opstanding is Jesus besig om nuwe mense te maak – mense wat God se Naam sal heilig.

 

Hoe moet ons hierdie gebed dan in ons lewens integreer?

  1. Ons moet bewus wees dat God se Naam te min geheilig word

As ek bid dat God se Naam geheilig moet word, erken ek dat dit nie genoeg gedoen word nie. As ons om ons kyk, sal ons besef hoe min waarde aan God geheg word. As ons die Ons Vader-gebed bid, beteken dit dat hierdie ons eerste prioriteit is Dit is ons grootste bekommernis en daarom ons grootste prioriteit.

 

  1. Ons moet bid dat God se heiligheid ons grootste doelwit is

Dit moet dié doelwit van ons gebed wees. Paulus het dit gereeld gedoen: Daarom bid ons altyd vir julle: Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe hy julle geroep het, en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak. So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle verheerlik word, en julle deur Hom, in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus (2 Tessalonisense 1:11 – 12).

 

  1. Ons versoeke moet deur hierdie doelwit bepaal word

As die heiliging van God se Naam ons grootste begeerte is, moet ons versoeke gerig wees op die verwesentliking van hierdie doelwit. God se beloftes in Esegiël (beloftes van sondevergifnis, veranderde harte en gehoorsaamheid) help ons hiermee. Soos meer en meer mense hierdie beloftes ondervind, sal hulle God toenemend met hulle hart en optrede eer.

 

Die eerste versoek in die Ons Vader-gebed rig ons begeertes en bring ons versoeke in lyn met God se wil.