Leef uit jou Doop: 5.6 Is “eers geloof, dan doop” onveranderlik?

image_pdfimage_print

Leef uit jou Doop: 5.6 Is “eers geloof, dan doop” onveranderlik? – Adrio König

5.6 Is “eers geloof, dan doop” onveranderlik?

In die lig van hierdie insigte is dit ’n paslike tyd om te kyk na die argument dat die kinderdoop onaanvaarbaar is omdat die volgorde in die Bybel geloof-doop is. Mense  het éérs geglo, en is daarna gedoop. Hierdie standpunt beroep hom nie net op die doopvoorbeelde in die Nuwe Testament nie, maar ook op bepaalde uitsprake (Mark 16:16; Hand 16:31).

Kan ons saam die volgende aanvaar?

1. Die doop lyf ons in die Abrahamverbond in.

2. Die besnydenis was ’n geloofsakrament.

3. Dit is bedien aan heidene soos Abraham wat van buite gekom het en eers tot geloof in die Here gekom het.

4. Maar dis ook bedien aan verbondskinders wat agterna moes glo.

 

Beteken dit nie dat in die verbond waarin ons nou leef, verbondskinders in die Ou Testament ’n geloofsakrament gekry het nie? Dan was daar mos twee volgordes:

♦   Vir heidene: Eers geloof, dan besnydenis.

♦   Vir verbondskinders: Eers besnydenis, dan geloof.

 

Wat in die Nuwe Testament maak dit onmoontlik? Wat presies het verander in die Abrahamverbond? Waarom kry ons nêrens in die Nuwe Testament enige aanduiding van sulke veranderings nie? Dit beteken dat die volgorde geloof-doop vir mense geld wat soos Abraham van buite kom, maar die volgorde doop-geloof vir kinders van gelowiges.

 

 

leefuitjoudoopMens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

 

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

 

Skrywer: Prof Adrio König

 

image_pdfimage_print

You may also like...