Leer uit jou sukses

 

Our prayers are heard, not because we are in earnest, not because we suffer, but because Jesus suffered. —Oswald Chambers

 

Leer uit jou sukses

Ons hoor gereeld dat ons ons mislukkings deeglik moet ontleed, want jy gaan baie daaruit leer. Dit is goeie raad. Maar jy moet ook jou suksesse ontleed. Doen jy dit nie gaan jy groot geleenthede nie raaksien nie.

 

Sukses en mislukking leer vir ons verskillende lesse – mislukking veral oor wat om nie te doen nie. Sukses leer vir jou oor wat jy behoort te doen. Sukses leer ons oor watter vaardighede om te ontwikkel.

 

Professor Shmuel Ellis van die Universiteit van Tel Aviv het navorsig gedoen oor wat Israeli soldate leer van wat hulle “After Event Reviews” noem. Hierdie is ‘n instrument om uit ondervinding te leer. Hy bevind dat soldate meer leer as hulle tydens hierdie sessies na beide suksesse en mislukking kyk en nie net na mislukking nie.

 

Hierdie is gestruktureerde besprekings  wat analiseer wat beplan was, wat gebeur het en watter lesse uit die ondervinding geleer kon word. Die sleutel is dat dit ‘n baie eerlike evaluering moet wees.

 

Alhoewel hierdie besprekings deur die militêre magte ontwikkel is, gebruik ander oranisasies dit ook. As jy die suksesse ontleed , soek vir bewyse van sterkpunte waarop jy kan bou. Identifiseer daardie dinge waarvan jy meer behoort te doen.

 

As jy onverwags sukses behaal, moenie aanvaar dit is die gevolg van wat jy gedoen het nie. Moenie val vir hierdie versoeking nie. Ontleed dit deeglik. Waarskynlik was jou sukses die gevolg van dinge wat jy gedoen het. Moet jy dalk meer daarvan doen?

 

Maak hierdie besprekings na optrede ‘n gereelde instrument. Ontleed suksesse en mislukkings.