Leiding deur my roeping: Elemente

image_pdfimage_print

 

The first Reformation … was about creeds; this one’s going to be about our deeds. The first one divided the church; this one will inify the church – Rick Warren

 

Leiding deur my roeping: Elemente

As ons besluite moet neem ooreenkomstig ons roeping weet ons dat God ons deur ons denke en gebede lei- mits ons Hom toelaat om ons te lei. Deur ‘n proses lei God ons om te besluit – Hy is die Herder wat sy skape lei en versorg. Watter metodes gebruik God om dit te doen? Die neem van groot/belangrike besluite word voorafgegaan deur voorbereiding en iets wat dit veroorsaak. Dit word gevolg deur volhoubaarheid en koersaanpassing. Ons gaan na die voorbeelde van Moses, Nehemia en Paulus kyk.

Voorbereiding vir diens

Oor die langtermyn berei God mense voor vir die doel wat Hy vir hulle bepaal het,

Moses: Hy word groot in die paleis van die farao. Hy het waarskynlik die geloof en identiteit van die Jode by sy moeder geleer. Daarom het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter (Hebreërs 11:24). Hy was ontsteld deur Israel se slawerny. Hy slaan ‘n Egiptenaar dood omdat hy ‘n Israeliet geslaan het. Hy vlug na die woestyn. Dit alles berei Moses voor om die farao in die openbaar teen te staan en om 40 moeilike jare as Israel se leier te dien.

Nehemia: Hy was ‘n Jood aan die Persiese hof. Hy was die koning se skinker. Dit was ‘n gevaarlike beroep, maar ook ‘n beroep met baie voorregte. Konings gebruik dikwels skinkers as vertrouelinge en raadgewers. Artasasta, die koning, het van Nehemia gehou en hom vertrou. Deur hierdie verhouding tussen koning en Nehemia berei God vir Nehemia voor om sy roeping – die herbou van Jerusalem – te vervul.

Paulus: Hy was ‘n Fariseër wat die vroeë volgelinge van Jesus vervolg het. Hy was geleerd en toegerus vir ‘n bediening onder Jode, Grieke en Romeine. Hy was selfs ‘n Romeinse burger. So is hy ook toegerus om uiteindelik ongeveer ‘n kwart van die Nuwe Testament te skryf.

 

God se langtermyn voorbereiding vir ons diens is steeds ‘n werklikheid. Ons sien dit egter dikwels eers as ons bediening begin.

 

Veroorsakende faktore

God orkestreer al die omstandighede wat lei na ons verpligting in hierdie lewe. Daarom kry ons dikwels ‘n beslissende gebeurtenis wat in die persoon se gedagtes die werklikheid van sy roeping beklemtoon.

Moses: Sy ontmoeting met God by die brandende bos en God se bevel dat hy na Egipte moes terugkeer. Dit was ‘n gebeurtenis wat hy nooit sou vergeet nie.

Nehemia: Die koning vra vir Nehemia: Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan? (2:2). Nadat Nehemia die nuus van Jerusalem se verval ontvang het, wag en bid hy vir ‘n geleentheid om met die koning te praat. Oënskynlik het niks gebeur nie Nou, uit die bloute, word sy gebed vervul en God open vir hom ‘n deur.

Paulus: Wat met hom op pad na Damaskus gebeur het, sal Paulus nooit vergeet nie.

 

Volgende keer kyk ons na twee verdere elemente van ons roeping: volhoubaarheid en regstelling.

 

 

image_pdfimage_print