Lewe Versigtig

image_pdfimage_print

All happenings, great and small, are parables whereby God speaks. The art of life is to get the message – Malcolm Muggeridge

Lewe Versigtig

Wees baie versigtig hoe julle lewe (Efesiërs 5:15).

Paulus gebruik drie kontraste om dit vir sy lesers duidelik te maak wat hy hiermee bedoel:

 

  • Nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges;
  • Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen; en
  • Moet julle nie aan drank te buite gaan nie … laat die Gees julle vervul.

In 5:19 – 21 gee Paulus drie gevolge van met die Gees vervul te wees: aanbidding, dankbaarheid en wedersydse onderdanigheid. Hierdie is die onderskeidende kenmerke van God se kinders.

Omdat wedersydse onderdanigheid vir die mense van daardie tyd (en ook vir ons) ‘n moeilike begrip was, gaan Paulus voort en pas dit op die Christelike huishouding toe:

  • Man en vrou moet uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig wees (5:21).
  • Kinders moet hulle ouers gehoorsaam, maar vaders moet hulle kinders so behandel dat hulle nie opstandig word nie (6:1 – 4)
  • Slawe moet aan hulle eienaars gehoorsaam wees, en eienaars moet hulle slawe goed behandel – Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en hy trek niemand voor nie (6:5 – 9).

Is ons altyd versigtig hoe ons lewe? Luister na Paulus se raad en volg dit.

 

image_pdfimage_print