Moenie net toekyk nie … doen iets

 

Faith and obedience are bound up in the same bundle. He that obeys God, trusts God; and he that trusts God, obeys God (Charles Spurgeon).

 

Moenie net toekyk nie … doen iets

In 1993 het vryskutfotograaf Kevin Carter die burgeroorlog is Sudan gedek. Op daardie stadium was daar ‘n erge hongersnood in Sudan. Kort na hy in Ayod geland het, het hy die ikoniese foto van ‘n uitgehongerde kindjie wat vooroor gebuig in die stof sit, geneem. In die agtergrond was ‘n aasvoël wat gewag het vir haar om dood te gaan. Die kindjie het nie genoeg energie gehad om by ‘n VN voedingsentrum uit te kom nie.

 

Carter sê dat die dogtertjie gekreun het toe hy daar aangekom het. Hy wag 20 minute om ‘n goeie foto te kry. Hierdie foto is die eerste keer in die New York Times gepubliseer. Die reaksie van die lsers was verbasend. Honderde skryf om te hoor wat met die dogtertjie gebeur het. Die antwoord wat hulle gekry het, was: “Ons weet nie.”

 

Die St. Petersburg Times in Florida skryf:”The man adjusting his lens to take just the right frame of her suffering, might just as well be a predator, another vulture on the scene.” Hierdie kritiek het Carter ontstel. Die gedagte dat hy dalk iets  vir ‘n kind met ‘n groot behoefte kon gedoen het in plaas daarvan om te kapitaliseer op die geleentheid vir die perfekte foto, kon hy nie meer verduur nie. Twee maande nadat hy sy prys ontvang het, pleeg hy selfmoord. Hy was 33 jaar oud.

 

Sal ons nie eendag voor God rekenskap oor ons apatie moet gee nie? ‘n Gewete gepla deur berou en skuldgevoelens as gevolg van iets wat ons nie gedoen het nie, is iets vreeslik.

“The hottest places in hell are reserved for those who, in times of great moral crisis, maintain their neutrality.” Dante Alighieri