Moet Christene bid dat God hulle vyande sal oordeel

image_pdfimage_print

Moet Christene bid dat God hulle vyande sal oordeel

Een van die skatte in die Christelike kerk is die Psalms – 150 inspirerende liedere waarvan baie deur Dawid geskryf is. Maar is dit toepaslik om al die Psalms te sing? Wat van daardie psalms wat vra dat God die vyande moet oordeel. Hier is ‘’n paar voorbeelde:

  • Mag die dood my vyande oorval. Mag hulle onverwags neerdaal na die doderyk (Psalm 55:16)
  • Ruk hulle tande uit hulle mond uit, o God! (Psalm 58:7)
  • Skraap hulle name uit die boek van die lewe dat dit nie saam met die regverdiges opgeskryf staan nie (Psalm 69:29)
  • Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen ‘’n klip verbrysel (Psalm 137:9)
  • Mag sy kinders wees word, sy vrou ‘’n weduwee (Psalm 109:9).

 

Daarteenoor staan Jesus se woorde in sy bergrede: Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en julle moet bid vir dié wat julle vervolg, sodat julle kinders kan weet van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes ’n goeies en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen (Matteus 5:43 – 45).

 

 

As Jesus sê: Julle het gehoor dat daar gesê is, haal Hy ‘’n rabbynse tradisie aan. Dit is die houding wat God van sy mense verwag teenoor die mense vir wie sy oordeel ryp was: Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ‘’n weersin hê in mense wat teen U in opstand kom nie? (Psalm 139:21)

 

Toe Jesus sê: Julle het gehoor dat daar gesê WORD: ‘’n Oog vir ‘’n oog en ‘’n tand vir ‘’n tand, haal Hy Eksodus 21:24 en Levitikus 24:20 aan Hy gaan dan voort: Maar Ek sê vir julle; Julle moet julle nie teen ‘’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na Hom toe. (Matteus 5:38- 39). Hierdie plaas nie vir Jesus teenoor Moses en die wet nie. Dit wys net na die wonderlike waarheid dat Jesus die wet vervul het. God se koninkryk is nou nie mer ‘’n geo-politieke staat nie, maar is ‘’n internasionale koninkryk.

 

In die psalms wat vervloek beroep die psalmis hom op die verbond en druk nie sy eie wraak uit nie. Maar in Hebreërs 8:13 lees ons: deur van ‘’n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn. In die tyd tussen Christus se eerste en tweede koms is daar ruimte vir versoening en geloof

Dit is interessant dat as Jesus in sy eerste preek (Lukas 4:17 – 19) Jesaja 61;1 – 2 aanhaal,  Hy die gedeelte die dag waarop ons God sy vyande straf as deel van sy sending uitlaat. Toe Jakobus en Johannes vuur op die Samaritaanse dorp wat Jesus afwys wou afroep, het Jesus hulle skerp tereggewys (Lukas 9:54 – 56) Hoekom het Jesus hulle tereggewys en mie aangemoedig nie? Dit is nie omdat Jesus die “goeie God” van die Nuwe Testament is teenoor die “kwaai God” van die Ou Testament is nie. Nee, dit is omdat ons nou in die nuwe verbond is – in die tyd van grasie voor die finale oordeel.

 

Nou verkondig ons die goeie nuus en roep sondaars, wat soos ons dit nie verdien nie, op om hulle te bekeer en te glo. Die bose is steeds daar en ons pleit dat Christus weer sal kom om alles reg te stel. Dit sal uiteindelik ‘’n werklikheid word in die finale oordeel. Wie is ons om vuur op ons vyande af te roep as God ons verwelkom het.

 

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug (Efesiërs 6:12). Psalm 69 is vol vervloekings. Jesus haal Psalm 69:5 tydens sy kruisiging aan (Johannes 15:25): hulle het my sonder rede gehaat, maar sonder die verbvloeking.

 

Daar is vervloekings in die Nuwe Testament. Jesus roep di vervloekings van die verbond af op die Fariseërs in Matteus 23. Toe Simon die Towenaar vir Petrus geld aanbied om ook die heilige Gees te ontvang antwoord Petrus hom: Gaan na die verderf met jou geld en al (Handelinge 8:20). Hulle raai hom aan om hom te bekeer en tot die Here te bid dat Hy die gesindheid van Simon se hart sal vergewe. Ook Paulus spreek ‘’n vloek uit: As iemand aan julle ‘’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het, die vloek van God sal Hom tref i(Galasiërs 1;9). Nie een van hierdie vervloekings roep God se oordeel af op individue sonder om ook ‘’n uitweg – bekering en geloof in Christus – aan te bied nie.

 

As vervloekings toepaslik is, sou dit vir die wrede Romeinse keisers gewees het Beide Paulus en Petrus vra Christene om vir de heersers te bid (1 Petrus 2: 19 – 25; 1 Timoteus 2:1 – 3). As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte (Romeine 12:20).

1

 

  1. S. Lewis was korrek toe hy gesê het: “The ferocious parts of the Psalms serve as a reminder that there is in the world such a thing as wickedness and that . . . is hateful to God

Daar is boosheid in die wêreld. Maar soos Paulus in Efesiërs 6 sê: ons wapens is geestelik: die woord van God, geloof in Christus, die vryspraak deur God en verlossing. Die verkondiging van die evangelie van vrede is die skoene aan ons voete.

 

 

image_pdfimage_print