Moet ons ons geloof verdedig?

Moet ons ons geloof verdedig?

Onlangs het ons gelees van ‘n papirusfragment uit die vierde eeu waarin beweer word dat Jesus getroud was. Die New York Times se opskrif was: The Gospel of Jesus’ Wife. Alhoewel die slim mense sê hierdie fragment was ‘n namaaksel lei dit tog tot twyfel en verwarring by mense. Daarom is dit belangrik om te verstaan wat ons glo en hoekom ons dit glo – apologetiek (= verdediging van die Christendom as studievak – WAT).

  

As ons praat oor die verdediging van ons geloof is daar vyf dinge om te verstaan:

  • . Dit is nie net vir akademici nie. Almal het vrae. Ook jou kinders, jou vriende en mense wat saam met jou werk. Vrae sal jy nie kan ontwyk nie. Onthou die Christelike geloof betrek jou hele lewe.
  • . Ons wil die kategorie van blinde geloof verander in ‘n kategorie waar geloof ‘n werklikheid is. Mense vra dikwels die verkeerde vrae: Sal dit vir my werk of sal dit my beter laat voel? Die vraag wat ons moet vra, is: Is dit waar?
  • . Die feit dat ek glo dat iets waar is, maak dit nie waar nie.
  • Christene behoort moeilike vrae en eerlike twyfel te verwelkom.