My gewete – vriend of vyand?

image_pdfimage_print

 

“We may speak about a place where there are no tears, no death, no fear, no night; but those are just the benefits of heaven. The beauty of heaven is seeing God.” ~ Max Lucado

 

My gewete – vriend of vyand?

Conscience is either the greatest friend or the greatest enemy in the world – Richard Sibbes

Jou gewete is daardie stem in jou binneste wat vir ons sê dat ons God se wil behoort te doen. As ons dit doen sal dit ons vertroos en bemoedig – al is die eksterne omstandighede pynlik. Doen ons dit nie, veroorsaak dit pyn.

 

In Handelinge 24 is Paulus in ‘n gevaarlike situasie. Hy is in Jerusalem gevange geneem en na Sesarea gestuur om hom teen sluipmoordenaars te beskerm. Daar verskyn hy voor Feliks, die Romeinse goewerneur in Judea. ‘n Goeie advokaat, Tertullus, was die advokaat vir die vervolging. Hy kla Paulus van drie dinge aan:

  • Hy is ‘n politieke rebel.
  • Hy is ‘n leier van die sekte van die Nasareners.
  • Hy het die tempel ontheilig.

 

Hy ontken die aanklagte dat hy ‘n politieke rebel is en dat hy die tempel ontheilig het. Hy erken wel dat hy God volgens die leer van Christus dien. Hy voeg by: Daarom doen ek ook my uiterste om altyd ‘n skoon gewete voor God en die mense te hê (24:16). Maak nie saak hoeveel konings en keisers hom aankla nie, vertroos sy gewete hom.

 

Hierdie skoon gewete was die krag van Paulus se hele lewe. Dit verander Paulus se hele wêreld en deur hom het die hele wêreld verander. Wat is die kenmerke van ‘n gewete wat die wêreld verander?

  1. Dit is ‘n opgevoede gewete
  2. Dit is ‘n geoefende gewete
  3. Dit is ‘n gewete wat bemoedig
  4. Dit is ‘n gewete om te geniet

In die volgende blogs gaan ons verder na hierdie kenmerke van ‘n skoon gewete kyk.

 

image_pdfimage_print