‘n Gesonde gemeentekultuur

image_pdfimage_print

 “I can tell you that, when you are just outside of heaven, all that matters is that you loved and served Jesus” (Bob Pierce).

‘n Gesonde gemeentekultuur

‘n Gesonde kultuur is noodsaaklik in elke gemeente. Maar wat vereis dit?

  • Liefde. Ek moet my gemeente en gemeenskap liefhê. Toe Jesus na die skare gekyk het, word Hy met deernis gevul. As ek na die mense om my kyk, is my hart gebreek vir hulle? Ek moet my gemeenskap so liefhê dat ek by hulle betrokke raak en sien hoe hulle verander … een veranderde lewe op ‘n slag. Dit moet vir my lekker wees om te lewe waar ek lewe. Watter impak kan ek op die skole, plaaslike regering, in ‘n krisis, ens hê. Ek is goed om die mense in die gemeenskap te kritiseer. Is ek net so goed om hulle lief te hê? Mense moet weet dat Jesus en die lidmate van die gemeente hulle liefhet.
  • Luister. Ek moet ophou vertel en ‘n slag luister. Mense weet of ek van hulle hou of nie deur my gewilligheid om na hulle storie te luister. Mense soek verhoudings. Die samelewing leef in koffiewinkels waar hulle hulle stories kan vertel. Wat moet ek met kerklos mense doen? Sit saam met hulle, luister na hulle, bou ‘n verhouding met hulle.
  • Leer. Ek moet vrae vra oor my gemeenskap. Wat is hulle waardes? Watter drome het die mense wat daar woon? Hoe kan ons gemeente hulle bedien op so ‘n wyse dat hulle die liefde van Christus ervaar? Bereik die gemeente die gemeenskap om ons? Werk al die ou metodes wat die gemeente gebruik om mense om hulle te bereik nog? ‘n belangrike les: Die pyn van ‘n gestadigde dood is erger as die pyn van verandering. Die gemeente se fokus moet van binne na buite verander.
  • Lei. Baie Christene glo die gemeente is daar vir hulle. Dit is die model wat jare gelede aan hulle verkoop is. Die middelpunt van die kerk is Jesus Christus. Leiers moet die lidmate aan die rede vir hulle bestaan herinner: Om dissipels te maak wat op hulle beurt weer dissipels maak. Dit begin by liefhê, luister en leer – van die groot gemeenskap om die kerk.

 

Gesonde kulture het lief, luister, leer en lei.

image_pdfimage_print