‘n Handelaar in hoop

 

Legalistic remorse says, “I broke God’s rules,” while real repentance says, “I broke God’s heart.” —Tim Keller

 

‘n Handelaar in hoop

A leader is a dealer in hope –  Napoleon

Jy en die mense om jou kan nie floreer sonder hoop nie. Suksesvolle leiers inspireer ander met hoop. Leierskap gaan oor die toekoms. Hoop is ‘n manier om die toekoms te sien. Hoop gee krag.

  • Dit gee energie in tye van teleurstelling.
  • Die gee passie as jy tekortskiet.
  • Dryf jou om deur te druk ten spyte van hindernisse.
  • Laat jou vasstaan ten spyte van weerstand
  • Gee moed in tye van onsekerheid
  • Volharding as jy die handdoek wil ingooi.
  • Dit gee stabiliteit as dinge onstabiel voel.

 

Hoop is ‘n manier van dink en nie ‘n vae gevoel van welstand nie. Ons sien die krag van hoop veral as ons teleurgestel word. As leiers dan handelaars in hoop is, hoe doen ons dit?

  • Gee aan mense iets om in te glo. Verbind pogings en opoffering aan die groter prentjie. Soldate veg vir groot dinge soos God, land, medesoldate, ens. Hoop volg op geloof.
  • Deel die uitdagings en swakpunte waardeur jy moes werk.
  • Wys mense hoe hulle ‘n betekenisvolle bydrae maak – wees spesifiek.
  • Vernou die fokus. Te veel doelwitte oorweldig en ontmoedig mense.
  • Glo in jou spanmaat se potensiaal en vermoë. Laat mense werk waar hulle die beste kans het om te slaag.
  • Deel inligting. Hoop is ‘n denkwyse wat inligting oor uitdagings, geleenthede en resultate benodig. Leiers kommunikeer altyd te min.
  • Skep en vier klein oorwinnings. Elke uitdaging word kleiner gemaak deur ‘n reeks klein oorwinnings.

Lewenskragtigheid volg op hoop. Leiers kan nie slaag as hulle nie handelaars in hoop is nie.