‘n Nuwe Kategismus: Na die dood

The dogmas of the quiet past are inadequate to the stormy present. The occasion is piled high with difficulty, and we must rise with the occasion. As our case is new, so we must think anew and act anew – Abraham Lincoln

‘n Nuwe Kategismus: Na die dood

Vraag:

Wat gebeur na die dood met diegene wat nie met Christus in geloof verenig is nie?

Antwoord:

By die oordeelsdag sal hulle die vreeslike, maar regverdige, straf van veroordeling teen hulle kry. Hulle sal uit die gunstige teenwoordigheid van God  in die hel gewerp word waar hulle ernstig maar regverdig vir altyd gestraf sal word.

[ Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

Skrifgedeelte:

 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel, omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie … Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom (Johannes 3:16 – 18 en 36).

Kommentaar:

Al is die onderwerp van die hel pynlik is dit iets waaroor ek nie durf of kan of moet stilbly nie … Ek weet dat sommige glo dat daar glad nie ‘n hel is nie … Hulle sê dit pas nie in by die genade van God nie … Ek weet dat ander glo dat die hel nie ewig is nie. Hulle sê dit is ongelooflik dat ‘n deernisvolle God mense vir ewig sal straf … Ander glo dat daar wel ‘n hel is, maar niemand gaan daarheen nie … Daar is net een punt waaroor ooreengekom moet word: “Wat sê die woord van God?” Glo jy die Bybel? Dan moet jy aanvaar dat die hel ‘n werklikheid is. Dit is net so ‘n werklikheid soos die hemel; so waar soos verlossing deur geloof; so waar soos die feit dat Christus aan die kruis gesterf het … As jy die feit van die hel nie glo nie, is daar geen feit of leerstelling wat jy nie met reg kan betwyfel nie. Ontken hel en jy gooi die hele Bybel omver. Jy kan maar net so wel jou Bybel weggooi. Van “geen hel” na “geen God” is maar ‘n paar stappe. Glo jy die Bybel? Glo dan dat die hel inwoners sal hê … Dieselfde God wat nou op ‘n troon van genade sit, sal eendag op die troon van oordeel sit, en mense sal sien dat daar so iets soos die toorn van die Lam is … Glo jy die Bybel? Vertrou dan op die Bybel – die hel sal intens wees, onuitspreeklike ellende … Die put, die tronk, die wurm, die vuur, die dors, die donkerte, die geween, die gekners van tande, die tweede dood, alles. Bybelse beelde beteken iets. … Glo jy die Bybel? Glo dan dat die hel ewig is. Dit moet ewig wees, anders het woorde geen betekenis nie. Vir altyd en altyd, ewigdurend, onblusbaar – almal uitdrukkings wat oor die hel gebruik word en uitdrukkings wat ons nie weg kan verduidelik nie … As mens die hel sonder geloof in Christus of die heiligmaking van die Gees kan ontsnap, is sonde nie meer boos en is daar nie nodigheid vir Christus om ons met God te versoen nie Waar is daar ‘n waarborg dat die hel ‘n hart kan verander of die mens geskik vir die hemel kan maak? Dit moet ewig wees of die hel is nie meer die hel nie … Opvallend is die baie verse oor die hel in die Skrif. Dit is opvallend dat niemand so baie oor die hel sê as juis ons Here Jesus Christus – ons genadige en barmhartige Verlosser – en Johannes, wie se hart vol liefde is,  nie.

Hierdie kommentaar is deur John Charles Ryle (1816 – 1900) geskryf. Hy was die eerste biskop van Liverpool. Sy aanstelling was op aanbeveling van die destydse eerste minister, Benjamin Disraeli. Hy was ‘n skrywer en pastor, maar ook ‘n atleet wat vir Oxford Universiteit geroei en krieket gespeel het. Hy was ook verantwoordelik vir die bou van meer as veertig kerke.

Hierdie kommentaar kom uit Consider Your Ways (London: Hunt & Son, 1849), 23–26.

Verdere leesstof

 “Hell” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

Gebed:

Ons Vader … ons wil hê dat U na die duisende en miljoene om ons wat U nie ken nie, moet kyk. Here, kyk na die massas wat nêrens heen gaan om te aanbid nie. Kry hulle jammer, Vader, en vergewe hulle … Gee in hulle die begeerte om u woord te hoor. Gee in hulle ‘n begeerte na hulle God. O Here neem sondaars in u hand. O, kom en bereik hardkoppige en onversetlike denke; laat die ligsinnige en  onbesonne mense oor ewige dinge begin dink. Mag daar ‘n ongemak van die hart wees, mag God se pyle hulle lende tref en mag hulle na die groot Geneesheer soek en nog vandag genesing kry. U sê: “Vandag sal julle sy stem hoor.” Verlos mense vandag. Bring hulle u Gees sodat hulle gewillig word on in Christus te rus. Here, hoor, vergewe, aanvaar en seën. Om Jesus se ontwil. Amen.

Hierdie gebed is deur Charles Haddon Spurgeon (1834 – 1892), ‘n Engelse Baptiste prediker geskryf. Spurgeon word die pastor van New Park Street Church (later die Metropolitan Tabernacle) toe hy slegs 20 jaar oud was. Hy preek dikwels vir meer as 10 000 mense sonder enige klankversterking. Hy skryf baie en sy gedrukte werke is baie. Toe hy sterf het hy amper 3 600 preke gelewer. Hy het 49 volumes kommentare, liedere en dagstukke geskryf.

Hierdie gebed kom uit   “Prayer XI: Under the Blood” in Prayers from Metropolitan Pulpit: C. H. Spurgeon’s Prayers (New York, Revell, 1906), 65.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.