‘n Nuwe Kategismus: Vraag 21.

image_pdfimage_print

Truth, like gold, is to be obtained not by its growth, but by washing away from it all that is not gold. -Leo Tolstoy

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 21.

Vraag:

Watter soort Verlosser het ons nodig om ons na God terug te bring?

Antwoord:

Een wat werklik mens, maar ook werklik God is.

 

Skrifgedeelte:

Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors (Jesaja 9:5).

Kommentaar:

Christus, die enigste Seun van God, die ware Son van Geregtigheid, het op die aarde geskyn, maar nie die hemel verlaat nie. Hy bly daar vir ewig, maar het vir ‘n kort tydjie hierheen gekom; daar bepaal Hy die ewige dag, hier verduur Hy die menslike dag; daar leef Hy voortdurend sonder dat die tyd verbygaan, hier sterf Hy mettertyd … daar leef Hy sonder einde, hier bevry Hy ons lewens van die vernietiging van die dood … Daar is God met God; hier is Hy God en Mens. Daar is Hy Lig van Lig die Lig wat elke mens verlig … Die Here neem die vorm van ‘n dienaar aan sodat die mens na God kan draai … Die Woord van die Vader, deur wie alle tyd geskep is, word mens en word vir ons gebore. Hy, sonder wie se toestemming geen dag sy gang voltooi nie, het een dag vir sy menslike geboorte gehad. In die boesem van sy Vader het Hy reeds voor alle tydsiklusse  bestaan; gebore van ‘n wêreldse moeder … word die Skepper van die mens self mens sodat Hy, die Brood, honger word; sodat Hy, die fontein, dors word; sodat Hy, die Lig, slaap; sodat Hy, die Weg, moeg word van die reis; sodat Hy, die Waarheid, deur vals getuies aangekla kan word; sodat Hy, die Regter, van dié wat lewe en dié wat reeds dood is voor ‘n sterflike regter  moet verskyn; sodat Hy, Geregtigheid, deur die onregverdiges veroordeel word; sodat Hy, Dissipline, met swepe geslaan kan word; sodat Hy, die Fondament, aan ‘n kruis moet hang; Dat Moed verswak, dat Sekerheid gewond word; dat Lewe mag sterwe. Hy doen dit om hierdie en ander ongeregtighede vir ons te verduur, om ons, onwaardige skepsels, vry te maak. Hy wat as die Seun van God van ewig af bestaan het – sonder ‘n begin – word die Seun van God. Hy het dit gedoen alhoewel Hy Hom aan alle booshede onderwerp het, vir ons ontwil. Hy self het geen sonde gedoen nie. Ons, die ontvangers van so baie goed uit sy hande, het niks gedoen om dit te verdien nie.

Hierdie kommentaar is deur Augustinus  (354 – 430), die Biskop van Hippo in Noord-Afrika geskryf.  Hy was ‘n teoloog en filosoof. Beide die Katolieke en Anglikaanse Kerk beskou hom as ‘n heilige. Hy skryf oor sy bekering in sy Confessions, sy bekendste boek. Hy was ‘n produktiewe skrywer en het geskryf in Latyn.  Baie van sy werke het behoue gebly – honderde titels. Dit sluit in apologetiese werke, werke oor Christelike leerstellings en kommentare en meer as 350 preke wat behoue gebly het.

Hierdie gebed kom uit  “Sermon 191” in The Fathers of the Church: St. Augustine, Sermons on the Liturgical Seasons, vertaal deur  Sister Mary Sarah Muldowney (Catholic University of America Press, 1959), 27–29.

 

Verdere leesstof:

 “The Deity of Christ” in A Faith to Live By, deur Donald Macleod.

 

Gebed

Here Jesus, ewige Seun van God wat mens geword het, ewige Woord van God wat mens geword het, breek ons hardvogtige harte aan die voet van die kruis, maak ons harte aan die voet van die kruis nederig. Gee dat ons daar kan vertoef vir tyd en ewigheid. In U Naam ontwil. Amen.

 

Hierdie gebed is deur John Stott (1921 – 2011) ‘n Engelse Anglikaanse prediker  geskryf. Vir baie jare was hy die  rektor van die All Souls Kerk in Londen. Hy was een van die hoofskrywers van die Lausanne Covenant (1974) . Hy het baie boeke geskryf insluitend Why I Am a Christian and The Cross of Christ.

 

Hierdie gebed kom uit die preek “The Cross and Sin” oor Romeine 5, 24th July 1983. Beskikbaar by www.allsouls.org.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

image_pdfimage_print

You may also like...