‘n Nuwe kategismus: Vraag 34

image_pdfimage_print

I hold it to be a fact, that if all persons knew what each said of the other, there would not be four friends in the world. —Blaise Pascal

‘n Nuwe kategismus: Vraag 34

Vraag:

Aangesien ons deur genade alleen deur Christus verlos word, moet ons nog steeds goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam?

 

Antwoord:

 Ja, want Christus wat ons deur sy bloed verlos het, hernuwe ook vir ons deur sy Gees; sodat ons lewens liefde en dankbaarheid aan God betoon; sodat ons verseker kan wees van ons geloof deur die vrugte; sodat deur ons goddelike gedrag ander vir Christus gewen kan word. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.]

 

 

Teksgedeelte:

Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het toe geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys. Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ‘n mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening  (1 Petrus 2:9 – 12).

 

Kommentaar:

Soos die aarde nie vrugte voortbring voordat die nie van bo water gekry het nie; net so, deur die geregtigheid van die wet as ons baie dinge doen, doen ons niks nie, en in ons vervulling van die wet vervul ons niks nie tensy ons eers regverdig gemaak is deur Christus se geregtigheid. Dit het niks met die geregtigheid van die wet te doen nie … hierdie Christelike geregtigheid is hemels, wat ons nie in onsself het nie, maar uit die hemel ontvang; ons werk nie daarvoor nie, maar ontvang dit deur genade en ontvang dit deur geloof … Doen ons dan niks nie? Werk ons dan niks om hierdie vryspraak te ontvang nie?  Ek antwoord: Niks nie. Dit is volkome vryspraak: om niks te doen nie, om niks van die wet of werke te weet nie, maar om slegs dit te weet en te glo: Christus het opgevaar na sy Vader en, alhoewel ons Hom nie sien nie, sit Hy aan die regterhand van sy Vader in die hemel as ons Hoëpriester wat vir ons intree, oor en in ons heers, deur genade …

 

Hy wat van die Christelike vryspraak afdwaal val onder die vryspraak van die wet; as hy Christus verloor het, is sy vertroue op sy eie werke. Maar as Christus se vryspraak in my hart leef, doen ek goeie werke hoe en wanneer die geleentheid daar is. Wie oortuig is dat Christus alleen sy vryspraak is, werk nie alleen blymoedig en vol vreugde nie, maar onderwerp hom aan alle laste en gevare van sy huidige lewe, want hy weet dat dit die wil van God is, en dat my gehoorsaamheid Hom tevrede stel.

 

Hierdie kommentaar is deur Martin Luther (1483 – 1546) geskryf. Hy was ‘n Protestantse leraar en Professor van Teologie. Hy was die seun van ‘n mynwerker, wat ‘n regsgeleerde sou word, maar uiteindelik word hy ‘n monnik. Op 31 Oktober 1517 spyker hy sy 95 stellings teen die deur van die kerk in Wittenberg vas. Pous Leo X en Keiser Karel V eis dat hy die stellings terugtrek maar hy weier. Hy word uit die kerk geban. Luther het baie geskryf, insluitend klein en groot kategismusse, en preek honderde preke in kerke en by universiteite.

Hierdie kommentaar kom uit sy kommentaar oor Galasiërs.

 

Verdere leesstof:

“Election” en “Repentance” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

Daar is soveel genade in die hart van God vir sy mense, en … Jesus sy Seun het deur sy bloed het die lewe so gemaak dat ons dit kan geniet. Die voordeel daarvan is vir ewig … Daarom is hierdie goedheid geopenbaar: “Laat Israel hoop op die Here; want by die Here is daar barmhartigheid en by Hom is verlossing.” Hoop, wie sal nie hoop om die ewige lewe te geniet nie?  As die mense van God maar sou sien waartoe hulle gebore is, en hoe waar die God van waarheid aan sy woord is. Hulle kyk na sy hande en hulle steun onder al die vreugdes wat daar by Hom is. Hy is hulle lewe en deel en hulle heerlikheid vir ewig. Maar ons bely … en verlang nie dat die dag van die Here moet kom nie; ons bely ons geloof, maar met ons hele lewe wys ons vir diegene wat kan sien, hoe min daarvan ons in ons harte het. Die Here lei ons in die mag van dinge en dan sal die deugde van Hom wat ons gered het en ons uit die duisternis na sy wonderlike lig en na sy kennis geroep het  aan ander bekend gemaak word. Amen.

 

Hierdie gebed  kom van John Bunyan (1628 – 1688).  Hy was bekend as die blikslaer (tinker) van Elstow. Hy kom dramaties tot bekering en word ‘n leidende Puriteinse prediker. Soos sy gewildheid toegeneem het,word hy toenemend die teiken van skinderstories en laster. Uiteindelik word hy in die tronk gegooi. Tydens sy tyd in die tronk begin hy sy bekende werk: The Pilgrim’s Progress. Dit word vir die eerste keer in1678 gedruk.

 

Hierdie gebed kom uit  “Israel’s Hope Encouraged” uit The Works of that Eminent Servant of Christ Mr. John Bunyan, Volume 3 (Edinburgh: Sands, Murray & Cochran, 1769), 416–417.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

image_pdfimage_print

You may also like...