‘n Nuwe Kategismus: Vraag 36

Good character is not formed in a week or a month. It is created little by little, day by day. Protracted and patient effort is needed to develop good character.” –Heraclitus

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 36

Vraag:

Wat glo ons aangaande die Heilige Gees?

Antwoord:

Dat Hy saam met die Vader en Seun vir ewig God is, en dat God Hom onvoorwaardelike gee aan almal wat glo. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

Teksgedeelte:

Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees (Johannes 14:16 – 17).

Kommentaar:

Daarom, toe ons Here oor die dissipels geblaas het en gesê het, “Ontvang julle die Heilige Gees,”  wou Hy gehad het dat ons moet verstaan dat die Heilige Gees nie net die Gees van die Vader was nie, maar ook van sy enigste Seun. Dieselfde Gees is inderdaad die Gees van die Vader en die Seun. Saam met hulle vorm Hy die Drie-eenheid van Vader, Seun en Gees, nie ‘n skepsel nie, maar die Skepper.

Uit The City of God, vertaal deur Marcus Dods (Digireads, 2009), 329–330.

 

Verdere Leesstof:

 “Be Filled with the Spirit” in A Faith to Live By, deur Donald Macleod.

 

Gebed:

Ons wil U, hemelse Vader, dank vir al die wonderlike hulpbronne wat U aan ons deur die Heilige Gees gegee het. Ons dank U dat ons wat ons vertroue in Jesus Christus gestel het die voorreg het dat die Heilige Gees in ons woon. Ons bid dat Hy ons so sal vul dat ons Christus kan sien en dat Hy elke dag Christus in ons  vorm. Ons vra hierdie dinge vir onsself en vir mekaar vir die heerlikheid van u grote Naam.

Hierdie gebed is deur John Stott (1921 – 2011) ‘n Engelse Anglikaanse prediker geskryf. Hy was vir baie jare die rektor van All Souls Church in Londen.  Hy was een van die hoofopstellers van die Lausanne Covenant (1974). Sy bekendste boeke was Why I am a Christian  en The Cross of Christ.

Hierdie gebed kom uit sy preek “ The Work of the Spirit” oor Johannes 16:5–15, opgeneem op 18 Augustus 2002. 

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.