‘n Nuwe Kategismus; Vraag 52

image_pdfimage_print

 Satan is eager either to tear us by any means [necessary] from the Church, or stealthily to seduce us from it.  – John Calvin

‘n Nuwe Kategismus; Vraag 52

[Hierdie is die laaste vraag en antwoord – daar is een vir elke week van die jaar.]

Vraag:

Watter hoop hou die ewige lewe vir ons in

Antwoord:

Dit herinner ons daaraan dat die huidige gevalle wêreld nie al is wat daar is nie; binnekort sal ons saam met God leef en Hom vir altyd in die nuwe stad, die nuwe hemel en die nuwe aarde  geniet. Daar sal ons volledig en vir altyd van sonde vrygemaak word en sal nuwe opstandingsliggame kry in ‘n nuwe herstelde skepping. [Onderstreepte gedeeltes is die antwoord vir kinders.]

 

Skrifgedeelte:

1Ek sien toe ’n splinternuwe hemel en aarde. Die aarde, soos ons dit ken, het verdwyn en die hemel, soos ons dit ken, was nie meer daar nie. 2Ek sien toe ook hoe God sy stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel laat afkom. Die stad was pragtig, soos ’n bruid wat haar vir haar bruidegom mooigemaak het. 3Ek hoor toe ’n harde stem sê: “God bly nou by en tussen die mense; ja, Hy gaan saam met hulle bly. Hulle sal sy mense wees. Hy sal hulle God wees en by hulle wees. 4As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.” (Openbaring 21:1 – 4 – Die Boodskap.]

 

Kommentaar:

Die Skrif begin met die oorspronklike skepping van die heelal en eindig in die laaste hoofstukke met die skepping van ’n nuwe heelal. Tussenin word die perspektief deur hierde Alfa en Omega, hierdie Begin en Einde, oorskadu. Die eerste verwysing hierna kry ons in Jesaja 65:17: Ek gaan ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde skep. Jesus praat van die palingenesia, letterlik die nuwe geboorte, maar dit word in die Nuwe Testament met wanneer alles nuut gemaak word (Matteus 19:28) vertaal. In die res van die Nuwe Testament verwys die drie belangrikste apostoliese skrywers – Paulus, Petrus en Johannes –  na dieselfde tema. Paulus sê dat die skepping sal self ook bevry word van sy verslawing aan die verganklikheid (Rpmeine 8:18 – 25); Petrus: Maar ons leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde (2 Petrus 3:7 – 13); Johannes sê dat hy ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien het (Openbaring 21:1 – 2). In dieselfde hoofstuk skryf Johannes dat niks onreins ooit in daardie stad sal kom nie (21:27). Ons moet versigtig wees in ons interpretasie van hierdie verse, maar dit lyk asof dit beteken dat die mens se kultuur nie volledig vernietig sal word nie, maar nadat dit van die bose gereinig is, sal dit behou word om die Nuwe Jerusalem te versier. Net soos in die opstanding van die liggaam, so ook in die vernuwing van die heelal sal die oue nie volledig vernietig word nie, maar wel verander word. Dit is ons lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.

Hierdie kommentaar is deur John Stott (1921 – 2011), ‘n Engelse Anglikaanse prediker, geskryf. Vir baie jare dien hy as rektor van die All Souls Church in Londen. Hy was een van die hoofskrywers van die Lausanne Konvensie (1974). Hy het baie boeke geskryf insluitend  Why I Am a Christian en The Cross of Christ.

Hierdie kommentaar kom uit Through the Bible, Through the Year: Daily Reflections from Genesis to Revelation (Grand Rapids: Baker, 2006), 285.

 

Verdere leesstof:

 “Heaven” in A Faith to Live By, deur Donald Macleod.

 

Gebed:

En nou aan Hom wat die kerk met sy eie bloed gekoop het, wat tussen die sewe goue staanlampe loop, en wat in teerheid vir die swakste en minste in sy kudde sorg, aan Hom … wil ek nou my krag, my lewe, my alles toewy; om deur Hom in diens geneem te word hoe en so lank as wat sy wysheid sal bepaal. Mag die Here gee dat ek genade sal ontvang om getrou te wees … En omdat ek in Hom aan die einde gevind wil wees, die universele oudit, so gaan ek in sy Naam nederig voort … My God! My aanbiddelike Verlosser! My oneindige, ewige Alles. Mag my siel waardevol in U sig wees. En gee, na al die beoefening van wedersydse liefde en die genieting van baie geestelike vertroosting, in hierdie, u laer howe; ons uiteindelik mag aankom in daardie gebiede waar liefde volmaak is, waar vreugde nooit ophou nie, waar liedere van heilige verwondering en toegewyde lofgesange ononderbroke  gehoor sal word. Amen en Amen.

 

Hierdie gebed is deur Abraham Booth 1734 – 1806), ‘n Engelse Baptiste prediker, geskryf. Vir 35 jaar was hy die leraar van die Prescot Street Church in Whiitechapel, Londen. Hy was ook die stigter van wat nou Regents Park College, Oxford, vir die opleiding van leraars, is Hy is veral bekend vir sy werk The Reign of Grace.

Hierdie gebed kom uit  “Confession of Faith” in Works of Abraham Booth: Late Pastor of the Baptist Church, Volume 1 (London: Button, 1813), xxxvi–xxxvii.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

 

image_pdfimage_print

You may also like...