‘n Nuwe Kategismus

image_pdfimage_print

The opposite of retaliation is to entrust ourselves to God, who judges justly. —Jerry Bridges

 

‘n Nuwe Kategismus

Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe?

 Ons herken dit as die eerste vraag in die Heidelbergse Kategismus. Maar hoeveel van ons kan verder as dit kom? Kategese, veral vir volwassenes, het feitlik uit ons kerke verdwyn.  Dit is darem ‘n baie Middeleeuse benadering.  Hoekom is dit vroeër as normaal beskou? Hoekom het kerke voortdurend nuwe kategismusse vir hulle gebruik geproduseer?

 

  • Dit is ‘n omvattende uiteensetting van die evangelie. Dit het nie alleen verduidelik wat die evangelie is nie, maar het ook die boustene waarop die evangelie gebou is, verduidelik. Hier dink ons byvoorbeeld aan die leer van God, die menslike natuur en sonde.
  • Om die uiteensetting op so ‘n manier te doen dat die dwaalleer, foute en vals gelowe van die tyd en die kultuur duidelik hanteer en weerspreek kan word.
  • Om ‘n teen-kultuur te vorm – mense wat duidelik onderskeibaar is van die nie-Christene. Hierdie mense het die beeld van Christus weerspieël – nie alleen individueel nie, maar ook in die kerk se gemeenskaplike lewe.

As ons na hierdie redes kyk, kom die vraag na vore: Is dit nie tyd om na ‘n nuwe kategismus te kyk nie? Natuurlik moet ons uiteensetting van die leer van die evangelie nie verskil van dié van vorige kategismusse nie, maar ons kultuur het tog verander. Ons versoekings, foute en uitdagings het ook verander. Moet ons nie opnuut toegerus word om die regte antwoorde te gee nie?

‘n Groep (die Gospel Coalition en Redeemer Church in New York) het besluit om die New City Catechism saam te stel. Dit sal vrae wat mense vandag vra, beantwoord. Dit gaan uit 52 vrae bestaan – een vir elke week Dit behoort dus maklik by gemeentes se programme in te pas.

‘n Ander eienskap van hierdie nuwe kategismus is dat dit ‘n gesamentlike kinder en volwasse kategismus  is – dieselfde vrae word gevra en die kinders se antwoorde is deel van dié van die volwassenes s’n. Terwyl die ouers hulle kinders leer, leer hulle self die antwoorde.

By elke vraag en antwoord is daar ‘n kort geskrewe kommentaar van ‘n historiese figuur (Augustinus, Spurgeon, Wesley, ens) en ‘n kort video kommentaar van een van die Gospel Coalition se direksielede  of lede van Redeemer Presbyterian Church.

By newcitycatechism.com kan jy meer inligting kry en jy kan jou gratis interaktiewe iPad application aflaai Jy kan die kategismus ook op die Internet gebruik  Vanaf 22 Oktober 2012 kan jy ook inskryf vir weeklikse opdaterings deur e-posse.

Ek het na hulle webblad gekyk en ek dink hierdie is ‘n uitstekende ontwikkeling – veral  as ons onthou dat Bybelse ongeletterdheid vandag so ‘n groot probleem is. Gaan kyk self na die webblad en besluit dan.

 

image_pdfimage_print

You may also like...