‘n Unieke optrede wat aan ‘n omvattende behoefte voldoen: die kruis (2)

 

“No one is to be called an enemy, all are your benefactors, and no one does you harm. You have no enemy except yourselves.” – Franciskus van Assisi

‘n Unieke optrede wat aan ‘n omvattende behoefte voldoen: die kruis (2)

Ons kyk nou verder na drie teksgedeeltes wat God se unieke optrede om ‘n omvattende probleem van die mens te hanteer

 

  • Genesis 1

Hoekom hou God ons aanspreeklik? Hoekom gee God om hoe ons leef? Hy doen dit, want Hy het ons gemaak. Die mens was die hoogtepunt van sy skepping.

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip  (Genesis 1:26 – 28).

 

Die mens is gemaak om God en sy heerskappy te weerspieël. Die mens kan die wêreld wat God gemaak het, bestuur. Dit maak ons nie onafhanklik van God nie. Vandag leef baie mense asof God nie bestaan nie. Ons wil ons eie ding doen. Maar ons is wesens wat in gemeenskap moet leef; ons het verhoudings nodig – onsluitend ‘n verhoding met Hom wat ons gemaak het.

 

Maar reeds in die eerste elf hoofstukke van Genesis sien ons die mense se geneigdheid om weg te loop van God. Om ons verhouding met Hom te verbreek. Hierdie vroeë mense verskil geensins van die geslag wat Miga beskryf nie. Daar is steeds moord, gierigheid, selfsugtigheid en geweld.

 

  • Markus 12: Die groot gebod

Wat vereis God? Hoe reageer ons op daardie eis? In Markus 12:28 – 34 is Jesus en ‘n skrifgeleerde in gesprek. Dit is maklik om in die lewe weggelei te word van dit wat regtig belangrik is. Hierdie gedeelte sê vir ons wat werklik belangrik is in die lewe.

Die eerste is; ‘Luister, Israel, die Here ons God, is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’  Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.

Lojaliteit aan en liefde vir God is die belangrikste deugde in die lewe. Hierdie lojaliteit aan God word ook in lojaliteit aan ander uitgedruk. Hierdie lojaliteit bring ons naby aan God se koninkryk. Hierdie lojaliteit dryf ons om aandag te gee aan wat God sê – ook oor liefde en sonde. Dit dwing ons om te reageer op die Persoon wat God gestuur het om ons sonde te hanteer. Jesus verteenwoordig God en bring die nuwe tyd. Hy hanteer die behoefte aan reiniging. Hoe diep is hierdie nood. Paulus antwoord dit.

 

  • Romeine 3

In Romeine 1:18 – 3:18 verklaar Paulus ons behoefte. In Romeine 4 – 5 gee hy die antwoord op daardie behoefte: Ons word deur geloof en nie deur werke nie vrygekoop. In Romeine 6 – 8 bespreek Paulus die vermoë van die evangelie om ons na geregtigheid in die praktyk te lei.

 

Soos Miga het Paulus hier ‘n hofsaak. Hy sê dat elke mens skuldig voor God staan as hy nie reageer op dit wat God gedoen het nie. Hy beskryf ons behoefte op so ‘n manier dat dit duidelik is dat net deur God in Jesus Christus en die kruis hanteer kan word. Hierdie behoefte kan ons nie vermy of ontken nie.

 

Die hofsaak lees ons in Romeine 3:9 – 18. Dit is ‘n omvattende beskuldiging. Die mensdom, almal, sondig. Ons harte en voete – ja, alle dele van ons liggame – sondig. Jood en heiden sondig. Niemand is onskuldig nie. Daar is geen lojaliteit teenoor God nie. Dié belangrikste ding in ons lewens is vergete. Ons is self daarvoor aanspreeklik. Dit is slegte nuus as daar geen oplossing op die tafel is nie. Daar is egter ‘n verlossing op die tafel. Die kern van hierdie oplossing is die kruis.

 

Die aanklag is nie die einde van die storie nie, maar die begin Die evangelie gaan oor God wat die ongelowiges  terug bring. Dit gaan oor liefde.