‘n Vrugtelose gepraat

image_pdfimage_print

“The greatest good you can do for another is not just share your riches, but reveal to him his own.” ~Benjamin Disraeli

‘n Vrugtelose gepraat

Daar is mense wat hiervan afgedwaal het en in ‘n vrugtelose gepraat verval het (1 Timoteus 1:6).

Mense los nie sommer die waarheid oornag nie. Wat gebeur is dat hulle geleidelik afdwaal Dit gebeur as jy nie ‘n doel het nie – stadig begin jy van jou vasmeerplek wegdryf. Ons moet bedag wees op hierdie gevaar. Is daar enige tekens wat ons sou waarsku as onsself of iemand anders begin wegdryf?

 

Ons begin deur vier vrae te vra:

  • Soek ek altyd na iets nuuts?

Hulle moet hulle nie met verdigsels em eindelose geslagsregisters besig hou nie (1 Timoteus 1:4).

Hierdie verdigsels en geslagsregisters is nuwe dinge. Mense wat diep in Christus gewortel is, het hulle tevredenheid in Hom gekry.

  • Hou ek daarvan om te praat en sodoende optrede te vermy?

Daar is mense wat … in ‘n vrugtelose gepraat verval het (1 Timoteus 1:6). Hulle hou aan en aan – moet ons dit doen? Hoe moet ons dit doen? Hierdie vroom praatjies dien eintlik as masker vir niks doen nie. As ons die Bybel as ‘n boek vol idees wat bespreek moet word, sien, is jy die tipe persoon wat van die waarheid wegdwaal.

  • Wil ek meer onderrig as wat ek wil leer?

Hulle wil leermeesters wees (1 Timoteus 1:7). Hulle soek ‘n amp in die kerk Hulle wil leermeesters wees, maar hulle wil nie leer nie. As jy daarvan hou om ander te leer, maar jyself is nie bereid om te leer nie, is daar ‘n gevaar dat jy van die waarheid kan wegdwaal.

  • Het ek meer vertroue as kennis?

Hulle wil leermeesters van die wet wees,maar hulle verstaan nie hulle eie woorde of die dinge waaroor hulle so selfversekerd praat nie (1 Timoteus 1:7). Hierdie mense het baie vertroue – groot stemme wat baie gewig dra. Paulus sê hulle verstaan nie waarvan hulle praat nie. Iemand wie ‘n vlak wortelstelsel in die geloof het, lees ‘n boek of hoor ‘n praatjie en is baie opgewonde daaroor. Skielik voel hy dat hy met hierdie bietjie kennis meer as sy leermeesters weet. Hy weet presies wat die gemeente nodig het en wat hulle behoort te doen. Hy voel hulle moet vir hom ‘n platform gee sodat hy vir hulle kan vertel wat hy ontdek het. As mense nie hierdie “ontdekking” aanvaar nie, word hy kwaad. Hy voel hy is die enigste een wat die waarheid sien. Wat hy nie sien nie, is dat hy van die waarheid af wegdwaal.

Hoe kan ons ons wortels in die waarheid ingeplant hou? Hoe kan ons aanhou groei in liefde? Hoe groei liefde?

  • Liefde kom uit ‘n rein hart. Rein beteken onverdeeld. Jakobus sê ‘n man met ‘n onrein hart onbestendig in al sy doen en late is(1:8). Paulus sê: Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie (Kolossense 3:2). Ons moet God vra om vir ons ‘n sterker geloof in Jesus Christus en ‘n dieper liefde vir Hom te gee. Dan sal jy kan liefhê. Liefde kom uit ‘n rein hart.
  • Liefde kom uit ‘n skoon gewete. ‘n Skoon gewete is een wat rustig in God is. As daar nog ‘n sonde is wat in jou lewe oorgebly het, is jou gewete nie rustig nie. Dit sal van jou ‘n veglustige persoon maak wat verdeel en altyd kla. Lê die las wat jy so lank reeds dra aan die voete van Jesus Christus. Dan sal jy weer ‘n skoon gewete hê; dan sal jy weer kan liefhê. Liefde kom deur ‘n skoon gewete.
  • Liefde kom deur ‘n opregte geloof. ‘n Opregte geloof beteken dat jy waarlik vir Christus vertrou. Jy praat nie net van Hom nie … jy vertrou Hom in alles. Liefde kom deur ‘n opregte geloof.

Al hierdie dinge kom van Jesus Christus: Hy kan vir jou ‘n rein hart, ‘n skoon gewete en ‘n opregte geloof gee. Dit is hoekom Hy gesterf  het en hoekom Hy leef.

image_pdfimage_print

You may also like...