Ons is geroep om getrou, nie suksesvol nie, te wees nie

Hierdie is ‘n aanhaling van Moeder Teresa. In God se oë is getrouheid beter as sukses. Het jy gebid toe jy moes gebid het? Het jy geglo toe jy moes geglo het? Het jy liefgehad toe jy geroep is om lief te hê? Het jy Vergewe toe jy moes vergewe het. Was jy getrou? Dit was genoeg vir Petrus en Paulus; dit is genoeg vir jou. Trou is wat God verlang.