Psalm 20 (2)

“No one is born hating another person because of the colour of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love, for love comes more naturally to the human heart than its opposite.” – Nelson Mandela

Psalm 20 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

20:7 – 10: Help ons in ons nood.

7Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord uit sy heilige hemel met kragtige verlossingsdade van sy regterhand.

Die ek waarna hier verwys word, is die stem van die koning. Hy verwys na homself as die Here se gesalfde. Hier sien ons dat God reeds besig is om op te tree volgens wat Hy beloof het. Die koning herhaal die belofte: Hy sal hom antwoord …  God is reeds besig om die belofte te antwoord.

 

8Party beroem hulle op strydwaens, ander weer op perde, maar ons, ons beroem ons op die Naam van die Here ons God.

Hier word nou weer na ons verwys – dit is die mense of hulle verteenwoordiger. Hier sien ons weer die tema van vertroue – party vertrou op strydwaens en perde. Maar die koning en die mense beroem hulle net op die Naam van die Here. Net die Here kan sy gebed verhoor. Terwyl die vyand vertrou op hulle militêre mag, vertrou sy kinders op die Naam van die Here ons God. Die kontras tussen hulle en ons is groot. Dié wat op hulle eie mag staatmaak struikel en val, maar ons sal regop en vas bly staan.

 

9Húlle sak inmekaar en val, maar ons, ons staan op en hou mekaar staande.

Hier word gebeure wat nog moet kom as werklikhede beskryf.

 

10Here, verlos tog die koning, antwoord ons op die dag wanneer ons om hulp roep!

Die dag wanneer ons om hulp roep, vervang nou die dag van nood – dit is nie meer ‘n dag van nood nie.

 

In die volgende blog gaan ons na die teologiese implikasies can hierdie psalm kyk.