Psalm 33 (1)

image_pdfimage_print

 

Everything is good when it looks to Him and bad when it turns from Him – C. S Lewis

 

Psalm 33 (1)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Tema: Die regverdiges en opregtes – gelowiges – kan in die Here jubel deur Hom in die tempel te dank.

Hierdie psalm het geen opskrif nie. Dit het 22 verse – die aantal letters in die Hebreeuse alfabet – maar elke vers begin nie met die volgende letter in die alfabet nie. Psalm 33 is ‘n lofpsalm en skeppingspsalm. In die eerste drie verse vra die digter regverdiges om oor God se goedheid te sing. Daarna volg twee lofliedere. Die laaste drie verse sê die digter en die volk waarom hulle God op sy woord neem.

[Regverdiges verwys nie in hierdie psalm na mense wat deur hulle eie goeie dade regverdigheid verdien het nie. Dit is die naam vir mense wat God onverdiend as sy volk gekies het; wie se sonde Hy vergewe het en wat Hy regverdig verklaar het. Hulle dra daardie naam omdat God dit in sy genade aan hulle gegee het.]

 

31:1 – 3: Opdragte: Sing oor God se goedheid

Die Here is die voorwerp wat aanbid moet word, maar Hy is ook die rede waarom die psalmis aanbid. Die musiek betrek beide instrumente en sang. Hier kry ons geen rede vir die lof nie. Die motiewe en begeertes van die aanbidder verdwyn – al die fokus is op die Here.

 

Die vorige psalm is afgesluit met ‘n oproep aan die regverdiges en die opregtes. Hierdie psalm begin met ‘n oproep aan dieselfde twee groepe. Dit is immers hierdie groepe wat die reg het om die tempel binne te gaan. Waarskynlik moes hulle dit doen tydens ‘n groot dankfees – na ‘n besondere uitkoms wat die Here gegee het. Hierdie psalm is nie net vir een soort geleentheid bedoel nie, maar vir alle tye. Daar moet altyd ‘n nuwe lied wees, want God doen altyd verrassende nuwe dinge.

 

Regverdiges, jubel oor die Here! ‘n Loflied pas opregtes.

Wie word uitgenooi om by die lofprysing aan te sluit – regverdiges … opregtes. Hierdie name impliseer die mense van God. Dit is ook ‘n uitdaging vir hierdie mense om aan hierdie benamings getrou te bly. ‘n Loflied pas alle opregtes.

 

2Loof die Here met ‘n lier; speel vir Hom op die tiensnarige  harp!

Hier word die inhoud van die lof en die instrumente gekombineer. Twee instrumente is hier te sprake – die lier en die harp met tien snare.

 

3Sing vir Hom ’n nuwe lied; speel mooi op snaarinstrumete met uitroepe van vreugde.

Hierdie nuwe lied kan wees iets nuuts wat die Here gedoen het. Dit mag ook verwys na ‘n nuwe bewustheid van die Here wat met soewereine gesag optree en sy vyande verslaan.

 

Volgende keer gaan ons kyk na redes waarom die Here geloof moet word.

 

image_pdfimage_print