Psalm 35(2)

image_pdfimage_print

It is so much easier to be grateful for a gift given in joy than fot a gift given with hesitation or reluctance – Henri Nouwen

 

Psalm 35(2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

35:1 – 10: Fisiese aanvalle op die psalmis

Hierdie gedeelte begin sommer onmiddellik met ’n oproep op die Here om drasties op te tree ten behoewe van die psalmis. Die aanval self word net in vers 7 beskryf.

 

35:1 – 2: Voer ‘n regstryd, Here, teen dié wat my aankla, veg teen dié wat met my veg

2Vat ‘n klein en ‘n groot skild, staan op om my te help.

Hier word die erns van die psalmis se pleidooi beklemtoon. Hier word die Here aangemoedig om te veg. Die herhaling van die woord veg dui op die doen van geregtigheid. Die eerste optrede van die Here om vir die stryd gereed te wees word genoem: Vat ‘n klein en groot skild. Dit klink vir ons eienaardig dat die Here ‘n skild nodig het, tensy die skild vir beskerming van die psalmis is. ‘n Kryger gebruik egter ‘n skild vir sy eie beskerming – nie vir die beskerming van iemand anders nie. Hierdie idee word ingesluit, want dit is ’n intrinsieke eienskap van ‘’n kryger.

 

35:3: 3Trek die spies en lans uit, om my vervolgers tegemoet te gaan. Sê vir my: “Ek verlos jou!:

[Die woord wat hier met lans vertaal word, mag ook na ‘n strydbyl verwys.]

Hierdie brei verder uit op die gereedmaak vir die geveg. Hier kry ons hiperbolies taal, want jy neem nie ‘’n spies en ‘’n lans terselfdertyd op nie. Wat die psalmis hier sê, is: “Praat met my om my gerus te stel; neem U wapens op. Staan op en verlos my.” Vers 1 – 3 is toepaslik vir ‘n koning wat in ‘’n militêre konflik betrokke is. Dit is egter ook toepaslik van iemand wie se lewe in gevaar is weens ‘n persoonlike aanval wat die Here vra om op te tree teen sy aanvallers.

 

Die digter is in ‘n stryd teen vyande betrokke. Hy roep tot God om hulp. Hy gebruik taal uit die regswêreld as hy vra dat die Here sy saak moet behartig teen dié wat hom aankla. Hy gebruik ‘n oorlogsmetafoor wanneer hy om hulp roep. Daarmee beklemtoon hy die erns van sy nood. Die digter vra God se persoonlike vertroosting, want God alleen kan sê: Ek verlos jou.

 

35:4: 4Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd en verneder staan, laat hulle wat kwaad teen my beplan, terugdeins en verleë staan.

In verse 4 – 6 kry ons vier reëls van vervloeking. Die fokus verskuif van die psalmis se behoeftes en die Here se vermoë om op te tree na die lot van die aanvaller. Een verwys na ’n nederlaag en drie verwys na die gevolge van die nederlaag: skaamte, vernedering en ‘n verleentheid. Hierdie skaamte is ‘n uitvloeisel van die psalmis se regverdiging. Dit wys op die mislukking van diegene wat moeilikheid – die dood van die psalmis – beplan.

 

35:5 – 6: 5Laat hulle soos kaf voor die wind wees, ja, laat die engel van die Here julle platvee.

6Laat hulle pad donker en glibberig wees, terwyl die engele van die Here hulle agtervolg.

Beide verse begin met laat hulle.  Dit lei tot ‘n gedeelte wat die aanvallers se lot beskryf. Hier sien ons dat die Here se helper aggressief is. Soos kaf voor die wind, is ’n algemene spreuk. Dit was ‘’n skrikwekkende gesig vir mense wat dit tydens die oes dopgehou het. In vers 6 sien ons dat die aanvallers, verneder deur die gemeenskap en in gevaar om die straf te betaal vir hulle sameswering teen die psalmis, vlug om hulle lewens te red. Hulle moet dit in die donker doen op ‘n glibberig pad – moontlik ‘n pad tussen die rotse deur op ’n berg. Hulle word agtervolg, nie net deur die psalmis se vriende en die gemeenskap nie, maar ook deur die engele van die Here. Die engele van die Here beteken of ons verlossing of ons ondergang.

 

Die verskeidenheid beelde in hierdie verse (35:4 – 6) weerspieël die emosionele belewenis van mense wat onskuldig vervolg word. Dit verwoord die gevoelens van mense deur die eeue. Hierdie persoon is in ‘n baie moeilike situasie en daarom kan ons hom nie veroordeel nie. Ek wat in vrede leef, moet met deernis probeer verstaan wat hierdie mense ondervind. God is hulle – en my – Regter.

 

34:7:  7Hulle het immers sonder rede in die geheim vir my ‘n vangnet gespan, sonder rede vir my ‘’n vanggat gegrawe.

Hier kry ons ‘n klaaglied. Om die punt te beklemtoon word sonder rede herhaal. Dit beklemtoon die gevaar waarin die psalmis verkeer. In vers 11 – 18 word verder op hierdie punt uitgebrei.

 

35:8: 8Laat teenspoed oor hulle kom sonder dat hulle dit weet, en die net wat hulle weggesteek het – laat dit hulle vang. Deur teenspoed moet hulle daarin val.

Die beskrywing van ’n persoonlike ramp word hier verder uitgebou. Die slagoffer sal nie eers die ramp wat kom, raaksien nie – dit sal hom onverwags tref. Hierdie pleidooi pleit vir poëtiese geregtigheid: hy moet in sy eie vanggat val.

 

35:9: 9Ek sal juig in die Here, ek sal jubel oor sy verlossing.

Deel 1 word met verse 9 – 10 afgesluit met die vooruitsig van blydskap in die verlossing. Vreugde en lof word meer soos die psalmis dit wat die Here gedoen het, vier. Die rede vir vreugde in die Here is sy verlossing. Interessant is die voorwerp van die vreugde nie die val van sy vyande is nie, maar sy verlossing. Die psalmis soek nie die val van sy vyande uit wraak nie, maar omdat dit noodsaaklik is vir verlossing.

 

35:10: 10My hele wese sal sê: “Here, wie is soos U, wat die magtelose red van dié wat sterker as hy is, ja, die magtelose en behoeftige van dié wat hom beroof?”

My hele wese verwys na die uiterlike, maar ook die innerlike.  Dan kry ons die retoriese vraag: Wie is soos U?  Hier word die Here teen al die ander gode, verteenwoordig deur dooie beelde, gestel. Die optrede om te verlos, word hier as ‘n onderskeidingsteken van die Here beskryf. Dit is die teken wat die Here onvergelykbaar maak. Daarna word die voorwerpe van die verlossing genoem: die magtelose en behoeftige. Van wie moet hulle verlos word? Van die mense wat hulle  kom beroof.

 

Hierdie oproep kon net so wel uit Auschwitz of ‘n tronksel gekom het. Dit kan ook die oproep van die armes in baie lande wees. Dan moet ek altyd onthou dat die God van die Ou Testament en die Nuwe Testament uitdruklik die God van die onderdruktes is.

 

Hierdie stelling van die Here as redder is een wat die psalmis al dikwels in sy ondervinding teengekom het. Die stelling – die Here as redder – sal ook die geloof van ander mense versterk wat die psalmis se getuienis hoor. Wie is soos U herinner aan geloof tydens die eksodus.

 

 

image_pdfimage_print