Psalm 7 (2)

 

For who will fear any calamity if hy is sure that Christ and all His saints are with Him and share all things, evil and good, in common with him?i – Martin Luther.

 

Psalm 7 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Hierdie is ‘n lang psalm so ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hom spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

 

7: 4 – 6: Verklaring van onskuld

Hier kry ons weer ʼn oproep tot die Here my God. Die bidder moes God nader, want hy word vals beskuldig van iets. Hy beklemtoon sy onskuld. Die psalmis sê nie dat hy sonder sonde is nie, maar ontken die oortreding waarvan hy beskuldig word. Hierdie psalm beklemtoon dat mense wat aan God behoort, mag sê dat hulle regverdige lewens gely het. Die wêreld kan in die regverdiges en die goddeloses verdeel word. Die bidder sê dat hy in die regverdige groep val.

 

7:4: Here, my God, as ek iets gedoen het, as daar onreg aan my hande kleef

Wat is dit wat die psalmis verkeerd gedoen het? Onreg. Daar is geen onreg aan die psalmis se hande nie. Onreg verwys gewoonlik na ʼn gesindheid teenoor ander mense soos vyandigheid of bedrog. Dit is die teenoorgestelde van regverdigheid. Sy hande was nie betrokke by moord nie – hulle het geen bloed aan hulle nie.

 

7:5: As ek my vriend kwaad aangedoen het, my ’n teenstander sonder rede beroof het

Die aanklag word nou duideliker. Die psalmis is oënskynlik deur ʼn vriend daarvan beskuldig dat hy opgetree het op ʼn manier wat nie hulle verhouding waardig is nie. Die presies klag ontwyk ons steeds. Die psalmis ontken dat hy wispelturig opgetree het – dislojaal teenoor vriende en met beginsellose toegeeflikheid aan vyande.

 

7:6: 6Mag die vyand my dan agtervolg en inhaal, my lewe in die grond vertrap en my eer deur die modder sleep. Sela

Die werkwoorde vertel vir ons ʼn duidelike verhaal: agtervolg … inhaal … in die grond vertrap … my eer deur die modder sleep (=verneder). Sulke gebede is gewoonlik ʼn teken van onskuld – ʼn bewys van ʼn regverdige lewe. Die bidder lê ʼn eed af dat hy onskuldig is. Hy lê die eed in ootmoed af: Here my God (vs 4). Die iets verkeerds verwys na die beskuldigings van sy vyand. Hy verwys na drie ander moontlike verkeerde dade:

  1. Onreg aan my hande kleef – moord;
  2. As ek ʼn vriend van my kwaad aangedoen het – in die rug gesteek het; en
  3. As ek ʼn teëstander van my sommer goedsmoeds kaalgestroop het – beroof het.

Die onreg wat ʼn mens met sy hande doen, besoedel hom. As deel van die eedaflegging, waartydens hy verklaar dat hy onskuldig is, was die bidder sy hande. Omdat hy weet dat hy onskuldig is, is hy bereid om hom in sy vyand se hande oor te gee as bewys dat hy nie ʼn vals eed afgelê het nie. Die vyand is soos leeus – sonder rede en moorddadig.