Ritme em Grense

Ritme en Grense

Uitputting word deur baie mense as ‘’n ereteken gesien: “Ek is so aan God uitverkoop dat ek die hele tyd uitgebrand is.” Dit is nie hoe God ons ontwerp het nie. Dit is moontlik en verkieslik, om ons liggame en denke op te pas, om gesonde lewens te leef.

Om gesond te wees het jy twee dinge nodig: ritme en grense.

Ritme

God het die wêreld volgens ritmes gemaak. Ritmes bevredig ons begeerte na  nuwe dinge. Ritmes is gelyktydig gemaklik en opwindend. in Genesis 1 skep God die heelal in ‘’n pragtige ritme. So volg die seisoene mekaar. Ons liggame weerspieël hierdie ritme – ons longe en harte volg herhalende patrone. Musiek volg ‘’n ritme. Die alternatief tot die volg van ‘’n ritme is dat jy van die een ding na die volgende jaag. Die gevolg is uitputting. Baie mense glo dat as hulle ‘’n ritme in hulle lewe aanvaar, is alles net ‘’n roetine.  Ons is nie meer eg en opreg nie. As ek nie doelbewus sekere dinge doen nie, word hulle nie gedoen nie. As jy nie doelbewus tyd maak om boeke te lees nie, gaan jy dit nooit doen nie. Dit moet deel van jou daaglikse ritme word. As jy ‘’n ritme in jou lewe wil vestig moet jy doelgerig wees. Wys ‘’n spesifieke tyd vir die belangrike dinge in jou lewe aan en vorm ‘’n patroon. Meeste mense kan baie spanning verwerk as hulle weet wat om te verwag. Dit is wat ritme bereik.

 Grense

Grense en ritme hoort bymekaar. Grense beteken dat ons doelbewus keer dat ons nie die hele tyd in die “rooi” leef nie. Vra wat in die komende week gedoen moet word. maak seker dat jy tyd vir hierdie groot “rotse” het. hou die perifere items op die periferie. Jy moet jou dagboek beheer, anders gaan iemand anders dit vir jou doen.

 “ “By prioritizing what matters most, you end up with more time. Well, maybe not more actual time, but more margin. You cut the clutter out of your life. You begin to sort through the issues that both positively and negatively affect your capacity. You’ll tend to learn what’s most important because you’re doing more important things.”  (Reggie Joiner: Parenting Beyond your Capacity),

Meer grense beteken meer energie. Vra eenvoudige vrae om vas te stel of jy jou batterye herlaai Doen ek gereeld oefeninge? Weet ek hoeveel slaap ek nodig het en kry jy dit? Ken ek my liggaam se dieetbehoeftes vir maksimale energie. Onttrek ek my gereeld en vind rus in die natuur, die literatuur. Een belangrike afbreker van grense is die sosiale media. Skeduleer jou tyd

dit is nie sonde om uitgeput te wees nie. Baie van ons is egter onnodig uitgeput. Beplan ‘’n lewe van ritme en grense en vertrou op God om te werk terwyl jy rus.