Roeping en kapasiteit

image_pdfimage_print

                                                                                                                                                     

Church is where good people stand in front of good people and tell them how to be good people – Mark Twain

 

Roeping en kapasiteit

Petrus, Paulus, Stefanus, Priscilla, Akwila, Lidia, Timoteus. Almal leiers in die vroeë kerk. Hulle ekonomiese agtergrond, ouderdom, nasionaliteit en gawes verskil. God het hulle, saam met ander wie se name ons nie eers ken nie, gekies en toegerus. Hulle het baie in ‘n kort tydjie vermag.

 

Paulus was ‘n belowende jong godsdiensleier toe Jesus sy hele wêreld omgekeer het. Nou loop hy ‘n pad van spanning, stryd en lyding. Vir hierdie leiers was hulle lewens nie meer hulle eie nie. Hulle was geroep vir ‘n spesiale taak; hulle roeping was gehoorsaamheid.

 

Maar ons moet ook na hulle kapasiteit kyk. Hulle verkondig die evangelie te midde van teenstand en vervolging. Paulus gebruik dikwels die beelde van ‘n soldaat of atleet of boer as hy leierskap aan sy jong dissipel, Timoteus, verduidelik. Die soldaat is gedissiplineerd en 100% aan sy roeping toegewy. Hy is gereed om onmiddellik te reageer op sy leier se opdragte. Die atleet moet fiks wees om te kan hardloop – dit beteken ure op die oefenveld. Die boer laat ons dink aan harde werk, sweet en geduld … maar ook aan ‘n oes. Ons het kapasiteit – fisies, emosioneel, geestelik – nodig.

 

As ons kyk na die leiers van die vroeë kerk en die prys wat hulle vir hulle geloof betaal het, wonder ek of ons ook bereid is om hierdie opofferings te maak. Het ons die kapasiteit daarvoor?

 

 

image_pdfimage_print