Satan jag diegene wat swaar kry

 

The devil visits idle men with his temptations. God visits industrious men with his favors. —Matthew Henry

 

Satan jag diegene wat swaar kry

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel,  loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8). Hierdie vyand van die mens, soos die bergleeu,  jag veral dié wat swak is of seer gekry het. Die duiwel spandeer baie tyd by dié wat ly. Petrus weet wat dit is as die duiwel op jou onder moeilike omstandighede toesak. Nie minder as drie maal verloën hy vir Jesus nie (Lukas 22:54 – 62). Petrus wat op ‘n stadium so sterk en vol vertroue was, word die prooi van die duiwel. Voor Jesus aan die kruis gespyker is, het Hy vir Petrus gebid: Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer kom, moet jy jou broers versterk (Lukas 22:32). Hierdie selfde Paulus wat voor ‘n diensmeisie inmekaar gekrimp het, is later vir sy geloof gekruisig. Voordat hy gesterwe het, skryf hy ‘n brief aan Christene wat ly en swaarkry (1 Petrus).

 

Uit sy ondervinding het Petrus geleer dat Satan graag jag maak op mense wat swaarkry. Hy het ook geleer dat God ons in staat stel om terug te veg – selfs in tye van swaarkry. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word (1 Petrus 1:5).

 

Watter waarhede kan ons by Petrus leer?

  1. Al my lyding sal eendag tot ‘n einde kom

Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus (1 Petrus 1:13). Dit is veral tydens die pynvolle oomblikke in ons lewens dat ons God bevraagteken. Satan sê “God gee nie om dat jy pyn verduur nie. God kan in ieder geval niks aan jou pyn doen nie. Hierdie pyn gaan nooit ophou nie.” Maar Petrus sê: Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het (5:6). Hy sê ook dat ons huidige beproewings net ‘n kort tydjie sal duur (1:6). God sal jou uit hierdie moeilike omstandighede trek in sy veilige teenwoordigheid – vir ewig. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan (Openbaring 21:4).

 

  1. God beskerm nie net vir jou nie – Hy versorg jou

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle (5:7). Nederigheid beteken dat ek nie vir God as ‘n onbekwame en onsimpatieke Meester sien nie. Ons kom na Hom selfs as ons ly, want ons weet Hy is ‘n deernisvolle Vader. God wat alles gemaak het, het alles tot sy beskikking. As ek glo dat Hy vir ons soos ‘n Vader versorg, sal ons nie vir Hom of sy wil weerstaan nie – al kry ons swaar.

 

  1. Ons lyding in hierdie lewe herinner ons dat ons in ‘n oorlog betrokke is

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel,  loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8). Alles wat ons in die versoeking mag stel om aan God en sy goedheid te twyfel, is bedoel om ons na Hom te lei. Dit sal ons oortuig dat Hy in ‘n massiewe geestelike oorlog betrokke is vir ons lewens. ‘n Kragtige, kreatiewe vyand wil jou doodmaak. As ons swaarkry is God besig om ons uit ons selftevredenheid te skud en wakker te maak vir die dieper werklikhede van die lewe wat baie belangriker as ons omstandighede is.

 

  1. Al voel jy alleen in jou lyding, jy is nooit alleen nie

Jy is in ‘n oorlog betrokke, maar jy is nooit alleen nie. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle (5:7). Ons moet saam met ‘n skare gelowiges teen Satan se aanslae veg. Wat is die strategie van die Christelike gemeenskap wat onder Satan se aanslae deurloop? Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus (Galasiërs 6:2).

 

  1. God gaan nie alleen ons lyding wegvat nie, maar sal elke wond genees en alles weer herstel

Ons band met die Here gee my die vertroue dat julle net so sal dink soos ek. Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf (5:10). Die psalmis stel dit so: Daarom is ek bly en juig ek en voel ek veilig. U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is (Psalm 16:9 – 11).