Satan val die woord van God aan

“Somewhere we know that without silence words lose their meaning, that without listening speaking no longer heals, that without distance closeness cannot cure.” – Henri Nouwen

Satan val die woord van God aan

Die Satan probeer ons mislei. Hy weet dat ons aanbidding van God belangrik is – dit wys dat ons Hom liefhet en eer. Satan val God se woord aan. God het vir Adam en Eva gesê dat hulle nie van die boom in die middel van die tuin mag eet nie, want dan sterf ons … Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie…”(Genesis 3:4). Hy gebruik ook Eva se natuurlike begeertes: Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee (3:6). Die sonde bring dood na ‘n goeie wêreld. Stof is jy, en jy sal weer stof word (Genesis 3:19). Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood  tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het (Romeine 5:12), Satan se leuens het skade aangerig in die lewens van alle mense.

 

Een van die instrumente wat Satan gebruik, is leiers wat mense mislei. Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is (1 Johannes 4:1). God het duidelik gepraat, maar hierdie vals leermeesters lok mense weg van God se woord. Ons moet elke onderrig teen die Bybel toets. In sy eie oë is alles wat ‘n mens doen, reg, maar die Here toets die gesindheid (Spreuke 22:2).

 

Satan kan ons so verblind dat ons dink ons is reg al is ons verkeerd. Alles wys vir ons hoe erg Satan kan mislei en hoe ernstig die geestelike oorlog is.