Sola

Justification is an understandably strange doctrine to those who have substituted self-realization for salvation – C. Fitzsimons Allison

Sola

[Sola = solus Latyn = alleen, slegs]

As ons aan die Hervorming dink, dink ons dikwels aan die sola’s.  Ons sien dit as ‘n opsomming van die sleuteltemas van die hervorming.

Die Skrif alleen (sola Scriptura) is die bron en norm van die Christelike geloof en praktyk. Hierdie woord verkondig verlossing deur God se genade alleen (sola gratia), in Christus alleen (sola Christo) en deur geloof alleen (sola fide). Daarom gaan al die eer en heerlikheid aan God alleen (soli Deo gloria).

Elke ondersteunende eienskap van ons teologie moet daarop gerig wees om hierdie kern van die Christelike geloof  te ondersteun. Die doel moet wees om sondaars met God in Christus te versoen vir ware aanbidding van die Drie-enige God.