Spreuke: Wat is dwaasheid? (2)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (2)

Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hê van kennis? (Spreuke 1:22).

Hier word na drie soorte dwase in hierdie vers verwys. Grootpraters wys dat dit nie verstandsvermoë nie, maar gesindheid is wat bepaal of ons wys of waas is. ‘n Ligsinnige mens is hovaardig en aanmatigend, sy hovaardige optrede het geen perke (21;22). Die fondament van hierdie mense se karakter is trots wat hom nie aan ander wil onderwerp nie. Hulle strategie is om alles aan die kaak te stel en om baie selfvoldaan en alwetend in die proses op te tree. In die oë van meeste mense kom hulle wêreldwys en baie gesofistikeerd voor.

Sekere dinge verdien uiteraard kritiek Dit gaan goed met die mens wat nie … met ligsinniges saamspan nie (Psalm 1:1). Dit beteken sinisme en ligsinnigheid kan nou ‘n gewoonte word. As ligsinnigheid en grootpratery ‘n gewoonte word, verhard dit jou hart en sal dit jou verhoudings vergiftig. Ons leef in die postmoderne tyd en ‘n Internet-era wat grootpratery maklik maak. Redelike gesprekke word moeilik. Vergelyk dit met Jesus se optrede: Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. ‘n Riet wat geknak is, sal HY nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier (Matteus 12:19 – 20).

Ons rol so maklik ons oë en verwerp iemand eerder as om by hulle betrokke te raak. Ek moet die wêreld se kortpaaie om wys te lyk, vermy. Ek moet niemand verag nie en almal respekteer al is ek besig om hulle reg te help.

[Ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life gebruik.]