Spreuke: Wat is wysheid? (1)

image_pdfimage_print

Spreuke: Wat is wysheid? (1)

Die spreuke is bedoel om mense wysheid te leer en hulle te onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand verstandig praat (1:2)

Ons kyk nou verder na Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life  (2017). Vandag en die volgende aantal dae kyk ons na die vraag: Wat is wysheid.

Die Hebreeuse woord hokma (= wysheid) sluit in moreel of sedelik, maar dit gaan verder. Wysheid beteken om die regte keuses te maak al is daar geen duidelike morele lesse  wat vir jou presies sê wat om te doen nie. Sommige besluite vereis slegs kennis (watter medisyne om te kies) en ander slegs dat ek sekere reëls moet nakom. Geen Bybelvers vertel vir jou met wie jy moet trou nie, watter werk jy moet doen nie of waar jy moet bly nie. Tog kan ‘n verkeerde besluit rampspoedig wees. Daar is ook geen morele wette teen karakterfoute soos impulsiwiteit, emosionele broosheid en wanorde nie, al kan hulle baie skade aan ons lewens berokken.

As God vir ons ‘n boek van ‘n honderd volumes gegee het met reëls vir elke situasie, sou ons op die boek en ons ywer staatgemaak het. As ons egter wil weet wat wysheid werklik is, word ons gedryf om n Jesus te kyk. Na hom word verwys met die woorde: Waar kom Hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het Hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind? (Markus 6:2).

Ons is so selfvoldaan oor ons regte oortuigings. Ek glo graag dat ek die waarheid ken, maar al ken ek dit, weet ek nog nie hoe om dit toe te pas nie. Laat my besef dat dit noodsaaklik is dat ek in wysheid groei en herinner my dat ek dit van U ontvang het.

Ons gaan volgende na ander aspekte van wysheid soos dissipline, onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid kyk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

image_pdfimage_print