Spreuke: Wat is wysheid (4)

Spreuke: Wat is wysheid (4)

Ons kyk vandag na nog ‘n kenmerk van Bybelse wysheid, naamlik oordeelkundigheid. Ons gebruik weer Tim en Kathy Keller se boek (God’s Wisdom for Navigating Life). Dit beteken om strategies te beplan en te leef. Om wys te wees, is om probleme te antisipeer sonder om vas te val in die gevaar van ‘n oormatige vertroue of die verlamming van oorversigtigheid. Onderskeidingsvermoë is ‘n vorm van insig in harte; oordeelkundigheid is om te weet watter soort gedrag tot watter resultate sal lei. [‘n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit; onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor (22:3)]

WyshEid in ‘n seker sin is om suksesvol te wees. Ons moet egter nie wêreldse gekunsteldheid met Bybelse wysheid verwar nie. Ons lees dat Eva besef het dat die boom se vrugte goed is om te eet, mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee (Genesis 3:6). Die uiteindelike wysheid sien ons in Jesus. Sy sukses was absoluut, maar dit was nie die soort wat die wêreld se gekunsteldes van destyds as sukses sou herken nie.

Daar was ‘n tyd dat ons die onderskeidingsvermoë gehad het om te weet wat om te doen, maar nie die oordeelkundigheid gehad het om te weet hoe om dit te doen nie.

Ons moet die Here bid dat getrouheid vir ons belangriker sal wees as sukses. Slegs dan sal ek vry wees van die trots en vrees wat ware sukses verhoed