Spreuke: Wat is wysheid (5)

image_pdfimage_print

Spreuke: Wat is wysheid (5)

Ons gaan voort met ons kykie na Tim en Kathy Keller se boek God’s Wisdom for Navigating life.

 Ons kyk vir oulaas na wat wysheid is. Ons kan baie kennis hê en steeds ‘n dwaas wees. ‘n Sosiale wetenskaplike mag baie weet van die empiriese faktore wat tot armoede lei. Tog, as sy ‘n arm familie probeer help, mag sy hulle toestand vererger in plaas van verbeter. Daar is kennis sonder wysheid, maar jy kan nie wysheid sonder kennis hê nie. Jy moet eers kennis van ‘n onderwerp hê voor jy dit met die dissipline , onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid van wysheid kan toepas. Spreuke roep diegene wat wys wil wees, op om te leer.

Om wys te wees, moet ons weet hoe die menslike natuur, menslike verhoudings, lyding en die dood werk. Ons moet ook die karakter van God verstaan. Wysheid is om denke en ondervindings saam te voeg om bekwaam te word in verband met die werklikhede van die lewe. Ons moet studeer: ware wysheid vereis ‘n diep kennis van die Skrif. Selfs Jesus het sy elke beweging gebaseer op die Skrif. Hy haal die Skrif aan om sy dood te verduidelik (Psalm 27;46 en 22:1). Hoe kan ons dan wys genoeg wees sonder om ons in die Skrif te verdiep.

Watter stappe moet ek neem om my kennis van die Bybel te verdiep? Ons spandeer te min tyd om die Skrif te lees en daaroor na te dink. Ons het geen verskoning nie. Ons maak altyd tyd vir daardie dinge waaraan ons die hoogste waarde heg. Ons moet bid dat God ons sy waarheid in sy woord sal leer

 

image_pdfimage_print