Spurgeon: Die werklikheid van die dood

I believe every Christian man has a choice between being humble and being humbled. —C.H. Spurgeon

Spurgeon: Die werklikheid van die dood

Charles Haddon Spurgeon was sekerlik een van die begaafdste predikers van alle tye. Ek wil vyf kort aanhalins uit preke van hom gebruik. Hulle kom uit Morning and Evening. Sermons at the New Park Chapel  en  Sermons at the Metropolitan Tabernacle. Hulle is beskikbaar by Bible Gateway op die internet.

Paulus ontken nie dat die dood iets vreesliks is nie – hy lag nie vir die dood nie; hy sê ook nie: Ág, dit is niks om dood te gaan nie.”

Hy beskryf die dood as ‘n monster; hy sê die dood het ‘n angel; hy sê vir ons waar die krag van daardie angel lê. As hy die triomf oor die dood beskryf, skryf hy die oorwinning nie aan die mens toe nie, maar hy sê: Alle dank aan God wat die oorwinning deur Jesus Christus gee.:

Hierdie kom uit ‘n preek oor 1 Korintiërs 15:56 – 57: Dood, waar is jou oorwinning? Dood waar is jou angel? Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.