My bediening is onduidelik

The misconception which has haunted philosophic literature throughout the centuries is the notion of ‘independent existence.’ There is no such mode of existence; every entity is to be understood in terms of the way it is interwoven with the rest of the universe.” ― Alfred North Whitehead

My bediening is onduidelik

Patrick Lencione (The Advantage)  sê dat daar ‘n paar noodsaaklike vrae is wat elke organisasie moet vra as hy suksesvol wil wees. Hy noem ses vrae:

  • Hoekom bestaan ons? Ons antwoord moet idealisties wees – om die wêreld ‘n beter plek te maak. Hierdie is die belangrikste vraag en daarom moet ons baie goed nadink voor ons tevrede is met die antwoord.
  • Hoe gedra ons ons? Dit is ons waardes.
  • Wat doen ons?
  • Hoe sal ons slaag? Hoe sal ons doelgerigte besluite neem sodat ons kan vorder?
  • Wat is die belangrikste. Ons kan nie tien top prioriteite hê nie – daar is net een.
  • Wie moet wat doen? Dit gaan oor die rolle en verantwoordelikhede van elke spanlid.

As jy hierdie ses eenvoudige vrae oor jou bediening vra, sal jy sien dat die mis verdwyn en alles duidelik word. Jy gaan dit ongelukkig nie sommer in jou etenstyd afhandel nie. Dit is so belangrik dat jy tyd hieraan moet spandeer.




Bediening vandag: vyf noodsaaklike elemente

God is far more willing to save sinners than sinners are to be saved. —J.C. Ryle

Bediening vandag: vyf noodsaaklike elemente

Dit is nie maklik vir Christene nie. Die media sê die Christendom gaan agteruit – mag selfs besig wees om dood te gaan. Ons hoor dat jongmense die kerk verlaat. Ed Stetzer identifiseer vyf dinge wat ons oor die volgende tien jaar sal moet hanteer.

 

  • ‘n Duidelike verstaan van die evangelie. Die evangelie is nie ek doen nie, maar Jesus het gedoen.  Ons moenie ‘n nuwe blaadjie omslaan nie … ons moet ‘n nuwe lewe ontvang en uitleef. Onder geen omstandighede mag ons ‘n boodskap verkondig wat nog waar sal wees al het Jesus nie aan die kruis gesterf nie.
  • ‘n Sterker fokus op dissipelskap. God ontwikkel ons; Hy maak ons wat Hy wil hê ons moet wees. Maar is ons daarvan bewus?  Navorsing toon dat dissipelskap nie hoog op Christene en gemeentes se agenda is nie. Dit beteken dat ons nie uitleef wat God wil hê ons moet wees nie.
  • Meer passie vir uitreik. Ons moet ontslae raak van die idee dat die leraar verantwoordelik vir alles wat in die gemeente gebeur, is. Hulle sou dan die mense wees wat geroep is om uit te reik en die lidmate in die banke is verbruikers van godsdienstige goedere. Almal – leraars en lidmate – is betrokke by God se uitreik beginnende in jou plaaslike gemeenskap.
  • Evangelisasie in die tyd van die “nones.”  Hierdie is mense wat sê dat hulle aan geen kerk behoort nie. Gemeentes moet maniere vind om hulle lidmate  te lei om na hulle bure uit te reik. Dit beteken onder andere dat ek die goeie nuus vertel waar ek leef en werk.
  • Nuwe denke in die ontwikkeling van beste praktyke. God gebruik dikwels instrumente vir sy doel. Ons moet goeie rentmeesters wees en instrumente wyslik gebruik – nuwe maniere om diegene wat seer het en swaarkry te help; nuwe tegnologie te gebruik.

Die kerk bestaan toenemend in ‘n post-Christelike kultuur. Is ons bereid om sekere waarhede te aanvaar en sekere van ons gedragte te verander om die wêreld met die boodskap van die evangelie te bereik? ‘n Jongman sit en Bybel lees en iemand vra vir hom: “Verstaan jy wat jy lees?” Die jongman antwoord: I’ve read the end of the Book, and I know what you know: Jesus wins. I just want to be a part of what His team is doing before He returns.  




Is jou kerk ‘n erdepot of mikrogolf?

 “There is no worse screen to block out the Spirit than confidence in our own intelligence.” –Johannes Calvyn

Is jou kerk ‘n erdepot of mikrogolf?

‘n Mikrogolf is goed vir baie dinge – veral gemak. Die mikrogolf het ook baie nadele. Hy glo ons moet probeer om ‘n “erdepot-kerk” in plaas van ‘n “mikrogolf-bediening” te wees. Hoekom?

 

  • ‘n Mikrogolf word gou warm, maar behou nie sy hitte nie. Mikrogolf-bedienings brand warm en gou in die begin, maar is nie volhoubaar vir langtermyn groei nie. Erdepot-kerke behou sy hitte vir ‘n lang tyd. Hulle mag aanvanklik langer neem om warm te word, maar hulle word nie sommer skielik koud nie. ‘n Mikrogolf meet tyd in sekondes, ‘n erdepot in ure.
  • ‘n Mikrogolf maak nie egalig warm nie. As jy iets in ‘n mikrogolf warm maak, kan een deel baie warm wees en die ander deel nog koud. Mikrogolf-bedienings is net so: uitstekende sang of prediking, maar koue dissipelskap- of gebedsbediening – warm bo en koud onder. In ‘n erdepotkerk word die hitte egalig versprei na alle aspekte van die gemeentelewe. Klem word gelê op daardie bedienings wat nie noodwendig altyd op die voorgrond is nie.
  • ‘n Mikrogolf het monitering nodig. Jy moet die kos kontroleer om seker te maak dit is warm genoeg. Jy kan nie sommer die mikrogolf op tien minute stel en daarvan vergeet nie. In erdepot-kerke is daar sisteme in plek wat monitering onnodig maak. Alles in die kerk het nie die goedkeuring van die senior leraar nodig nie – mikrobestuur is onnodig. In so ‘n kerk is bekwame leiers in plek en daarom is voortdurende monitering onnodig.
  • ‘n Mikrogolf is algemeen – jy kry dit in feitlik elke huis. Erdepotte sien jy selde. As jy een sien, trek dit jou aandag. As jy wil uitstaan sodat jou gemeente kan groei, moet jy ‘n erdepot wees. Moenie bang wees om anders te wees nie. Dit mag miskien langer neem om warm te word, maar die hitte word langer behou.

‘n Interessante vergelyking met baie waarheid in.